bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Hosea 3
Hosea 3
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 4 →
1
Toe het die Here vir my gesê: “Gaan leer jou vrou van voor af liefkry, al is sy ’n getroude vrou wat rondslaap. Dit is net soos die Here wat die Israeliete liefhet, al loop hulle agter vreemde gode aan. Ek gee vir hulle om al het hulle ’n smaak vir seksuele speletjies en eet hulle broodjies wat van rosyne gemaak is om die afgode te plesier.”
2
Ek het haar toe gaan terugkoop van haar nuwe man. Ek het vir hom geld en 150 kilogram gars en wyn vir haar gegee.
3
Ek het haar gewaarsku: “Jy sal vir ’n hele tyd by die huis moet bly. Jy mag nie rondloop nie. Jy mag nie by ’n ander man slaap nie. Ek sal dieselfde doen. Ek sal aan jou getrou bly. Ek sal nie gaan rondloop nie.”
4
Net so sal die Israeliete vir ’n hele tyd lank sonder ’n koning of ’n leier moet klaarkom. Hulle sal nie iets aan afgode kan offer nie. Daar sal nie regop klippe in die grond geplant wees om by te bid nie. Daar sal ook nie beeldjies of huisgodjies wees om voor raad te vra nie.
5
Daarna sal die Israeliete terugkom. Hulle sal na die Here hulle God begin soek. Hulle sal vra of daar miskien nog afstammelinge van koning Dawid oor is. Aan die einde van die tyd sal hulle versigtig na die Here toe kom. Hulle sal verlang na die goeie dinge wat Hy vir hulle gegee het.
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 4 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14