bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Job 32
Job 32
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 31
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 33 →
1
Job se drie vriende wou nie langer met hom praat nie, want hy het bly sê dat hy onskuldig is.
2
’n Man met die naam Elihu het met Job en sy vriende begin praat. Elihu was die seun van Barakel. Hulle het van Bus af gekom en was deel van die Ramfamilie. Elihu het baie kwaad vir Job geword omdat hy bly sê het dat hy onskuldig is en dat God verkeerd is om hom te straf.
3
Hy was ook kwaad vir Job se vriende omdat hulle Job nie kon oortuig het dat hy verkeerd is nie. Deur hom nie te oortuig nie, het hulle dit laat lyk of God verkeerd gedoen het en nie Job nie.
4
Elihu het eers gewag voordat hy met Job gepraat het omdat die ander vriende ouer as hy was.
5
Maar toe Elihu sien dat die ander drie niks meer het om te sê nie, was hy kwaad en het hy begin praat.
6
Elihu het gesê: “Ek is jonk in vergelyking met julle; daarom was ek versigtig om sommer vir julle te vertel wat ek dink.
7
Ek het gedink dat ouer mense eerste moet praat, want hulle het meer kennis en ervaring van die lewe.
8
Maar die waarheid is dat dit God se Gees is wat ’n mens verstandig maak.
9
Ouer mense is nie noodwendig verstandig nie. En net omdat mense oud is, beteken dit ook nie noodwendig dat hulle weet wat reg is nie.
10
Daarom vra ek, luister na my. Ek wil graag vir julle sê wat ek dink.
11
“Ek het gewag dat julle julle sê moet sê. Ek het met aandag geluister na al die argumente wat julle gebruik het en julle gesoek na woorde.
12
Ek het mooi geluister, maar nie een van julle kon Job oortuig nie. Julle het ook nie antwoorde gehad vir al sy argumente nie.
13
Moet nou net nie met die argument by my kom dat die regte ding sal wees dat God hom moet oortuig nie.
14
Job het nou wel nie met my gepraat nie, maar ek sou hom beslis nie soos julle geantwoord het nie.
15
Nou weet julle nie watter kant toe nie. Julle weet nie meer wat om te sê nie.
16
Moet ek nou ook stilbly omdat julle niks meer te sê het nie?
17
Nee, ek het my antwoord reg. Ek gaan beslis sê wat ek dink.
18
Ek het baie dinge wat ek wil sê. Ek kan nie wag om te praat nie.
19
Dit voel vir my die woorde gaan uitbars as ek nie nou gaan praat nie.
20
Ek moet praat om uiting te gee aan hoe ek voel. Ek moet Job begin antwoord.
21
Ek wil niemand voortrek of heuning om die mond smeer nie.
22
Ek weet in elk geval nie hoe om dit te doen nie. As ek dit sou waag, sal God wat my gemaak het, soos blits van my ontslae raak.”
← Chapter 31
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 33 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42