bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Proverbs 2
Proverbs 2
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 3 →
1
Jong vriend, indien jy na my wyse woorde oor die alledaagse lewe luister en my voorskrifte soos ’n kosbare skat binne-in jou bewaar,
2
indien jy jou ore vir hierdie lewenswaarhede spits en goed oor alles nadink,
3
indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef,
4
indien jy heeltyd hierna soek soos ’n mens na kosbare silwer of na skatte soek,
5
sal jy die Here se liefde begin verstaan. Jy sal weet hoe om wys en gelukkig te leef.
6
Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af. Kennis en insig is net by Hom te kry.
7
Hy gaar arms vol wysheid vir die gelowige op. Dit is net vir ons bedoel vir wie die Here liefhet. Soos ’n skild sal dit ons teen slegte dade beskerm. Dit sal ons aanspoor om gelukkig te leef.
8
Al die spreuke sal jou leer hoe om reg op te tree. Jy sal sommer lus wees om reg te leef.
9
Dit sal vir jou lekker wees om daaroor na te dink. En jy sal weet hoe om met insig en begrip in elke situasie op te tree.
10
Wysheid sal jou van verkeerde dinge weghou en jou lewe verryk.
11
Jy sal ook begin let op wat jy sê. Jy sal verstandig raak.
12
Van sekere tipes mense sal jy wegbly,
13
veral van diegene wat niks van lewensgeluk wil weet nie,
14
hulle wat dit geniet om heeltyd verkeerde dinge te doen.
15
Hulle loop op verkeerde paaie in die verkeerde rigting.
16
’n Wyse lewenshouding sal ’n jongman teen ’n los vrou beskerm, veral teen haar wat hy van geen kant af ken nie en wat hom met haar woorde wil probeer verlei.
17
So ’n vrou het haar man en kinders verlaat en die huweliksooreenkoms voor God heeltemal vergeet.
18
Wie haar besoek, ervaar iets van die dood.
19
Wie met haar gemeenskap het, sink in ’n donker put weg. Hy sal geestelik sterf. Sy lewenskoers is hy vir altyd kwyt.
20
Meng eerder met mense wat die Here liefhet, met mense wat weet hoe om gelukkig te leef.
21
Opregte gelowiges sal die goeie van die aarde geniet. Hulle wat reg lewe, sal die lekker dinge van die lewe smaak.
22
Dommes wat nie weet hoe om reg te leef nie, sal egter niks van hierdie goeie dinge ervaar nie. Hulle is ongelukkige mense.
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 3 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31