bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
2 Samuel 4
2 Samuel 4
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 3
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 5 →
1
Toe Is-Boset hoor dat Abner in Hebron dood is, het hy sy onmag besef en die hele Israel was lam van vrees.
2
Daar was twee broers, Baäna en Rekab, leiers van Is-Boset se rooftogbendes. Hulle was seuns van Rimmon, ’n Benjaminiet wat in Beërot gewoon het. Die dorp Beërot is deel van Benjamin se gebied
3
omdat die oorspronklike inwoners na Gittajim toe gevlug het en steeds daar as vreemdelinge woon.
4
Saul se seun Jonatan het ’n seun gehad met die naam Mefiboset wat van kindsbeen af kreupel was. Hy was vyf jaar oud toe Saul en Jonatan tydens die geveg by Jisreël gesneuwel het. Toe die nuus van die geveg die hoofstad bereik, het sy oppasser hom gegryp en gevlug. Maar terwyl sy hardloop, het sy gestruikel en die kind laat val sodat hy kreupel geword het.
5
Op ’n dag, op die warmte van die middag, het Baäna en Rekab, seuns van Rimmon, na die huis van Is-Boset toe gegaan terwyl hy ’n middagslapie geniet het.
6
Hulle het toegang tot die huis gekry deur voor te gee dat hulle koring kom haal, maar het Is-Boset in sy maag gesteek en gevlug.
7
Hulle het die huis binnegekom terwyl hy op sy bed in sy slaapkamer geslaap het en hom doodgesteek. Hulle het selfs sy kop afgekap, dit saamgeneem en deur die nag al met die Jordaanvallei langs gegaan.
8
Hulle het in Hebron aangekom en die kop vir Dawid aangebied. “Kyk!” sê hulle. “Hier is die kop van Is-Boset, die seun van u vyand Saul wat u wou doodmaak. Vandag het die Here wraak geneem oor Saul en sy hele familie!”
9
Maar Dawid sê vir Rekab en Baäna: “Ek maak ’n eed voor die Here wat my van al my vyande verlos het.
10
Een keer het iemand my kom vertel ‘Saul is dood’ omdat hy gedink het hy bring vir my goeie nuus. Maar ek het hom gegryp en daar by Siklag doodgemaak. Dit was sy beloning!
11
Hoeveel te meer moet ek nie ook die lewe eis van bose manne wat ’n onskuldige man in sy huis op sy bed doodgemaak het nie?”
12
Daarop het Dawid sy lyfwag beveel om hulle dood te maak. Hulle het hulle hande en voete afgekap en hulle liggame langs die dam by Hebron opgehang. Is-Boset se kop het hulle geneem en dit in Abner se graf in Hebron gaan begrawe.
← Chapter 3
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 5 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24