bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Exodus 31
Exodus 31
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 30
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 32 →
1
Die Here het ook vir Moses gesê:
2
“Ek het Besaleël, die seun van Uri en kleinseun van Gur uit die stam van Juda, gekies.
3
My Gees gee vir hom die kennis, begrip en vaardigheid om verskillende dinge te kan maak.
4
Hy kan kunstige voorwerpe uit goud, silwer en brons maak.
5
Hy kan edelstene graveer en monteer en houtsnywerk doen. Hy kan enige kunswerk maak.
6
“Ek het ook Oholiab, die seun van Agisamak uit die stam van Dan, gekies om saam met hom te werk. Ek het aan verskillende manne wat oor die kennis beskik die vaardigheid gegee om al die dinge te maak wat Ek vir jou gesê het.
7
Hulle sal die tabernakel bou, die ark van die verbond, die ark se deksel en al die gereedskap wat in die tent gebruik word.
8
Hulle sal ook die tafel maak met sy toebehore en die kandelaar met al sy toebehore en die wierookaltaar.
9
Hulle sal ook die altaar vir die brandoffer met sy toebehore maak en die waskom met sy voetstuk.
10
“Ook die spesiaal geborduurde klere wat Aäron en sy seuns dra wanneer hulle die priesterwerk doen, sal hulle maak.
11
Hulle sal ook die salfolie en die spesiale wierook maak, alles presies soos Ek vir jou gesê het.”
12
Die Here het verder ook vir Moses gesê:
13
“Jy moet vir die Israeliete sê om my Sabbatte te onderhou. Die Sabbat is ’n teken van die ewige verbond tussen My en julle. Dit herinner julle daaraan dat Ek die Here is wat julle vir My afgesonder het.
14
Hou die Sabbatdag gereeld, want dit is ’n heilige dag. Die een wat dit verontagsaam, moet beslis doodgemaak word. Iemand wat op daardie dag met sy werk aangaan, sal uit die gemeenskap verwyder word.
15
Gaan ses dae lank aan met jou gewone werk. Op die sewende dag moet jy daarmee ophou en tot rus kom. Dit is die Here se heilige rusdag. Enigeen wat op die Sabbatdag met sy werk aangaan, moet doodgemaak word.
16
“Die Israeliete moet die dag van die Sabbat onderhou.
17
Dit is tussen My en die Israeliete ’n teken wat vir altyd sal bly staan. Die Here het in ses dae die hemel en die aarde gemaak. Op die sewende dag het Hy tot rus gekom.”
18
Toe die Here klaar gepraat het met Moses op Sinai, het Hy vir hom twee plat klippe gegee waarop God met sy eie vinger die bepalings van sy verbond geskryf het.
← Chapter 30
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 32 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40