bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Jonah 2
Jonah 2
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 3 →
1
Jona het uit die ingewande van die vis tot die Here sy God gebid.
2
Hy het gesê: “In my groot nood het ek die Here aangeroep en Hy het my geantwoord. Ek het uit die doderyk geroep en U het my gehoor!
3
In die diepte van die oseaan het U my gegooi. Ek het tot in die hart van die see gesink. Strome het rondom my gekolk. U het golf na golf oor my laat spoel.
4
Ek het gesê: ‘Uit u teenwoordigheid het U my verdryf. Hoe sal ek ooit weer u heilige tempel sien?’
5
“Water het my verswelg, die diepwaters het my omring. Seegras was om my kop gedraai.
6
Ek het afgesak tot waar die berge begin. Ek was afgesluit van die lewe, vasgevang in die land van die dooies. Maar U, Here my God, het my gered uit die oop kake van die dood!
7
“Toe ek alle hoop verloor het, het ek weer aan die Here gedink. In u heilige tempel het U my gebed gehoor.
8
Wie vals gode aanbid, minag God se goedheid.
9
Ek sal met lofliedere vir U ’n offer bring. Ek sal doen wat ek beloof het. Net die Here bring verlossing!”
10
Toe het die Here die vis beveel en hy het Jona op die strand uitgespoeg.
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 3 →
All chapters:
1
2
3
4