bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Leviticus 3
Leviticus 3
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 4 →
1
“As jy ’n maaltydoffer uit jou beestrop wil bring, gebruik ’n bul of ’n koei. Die dier wat jy vir die Here offer, mag nie enige gebreke hê nie.
2
Lê jou hande op die kop van die dier en slag dit by die ingang van die tent van ontmoeting. Aäron se seuns, die priesters, sal dan die bloed van die dier teen die kante van die altaar sprinkel.
3
’n Deel van die maaltydoffer moet vir die Here gegee word as ’n vuuroffer. Dit sluit in: die vet van die binnegoed,
4
die twee niere met die vet rondom, en ’n deel van die lewer wat saam met die niere verwyder moet word.
5
Die seuns van Aäron verbrand dit op die altaar bo-op die brandoffer op die houtvuur. Dit is ’n vuuroffer wat aangenaam is vir die Here.
6
“As jy ’n maaltydoffer vir die Here uit jou kleinvee bring, kan dit ’n bok of ’n skaap wees. Dit mag ook ’n ram of ooi wees, maar dit mag nie enige foute hê nie.
7
As jy ’n skaap as offer bring, bring dit vir die Here
8
deur jou hand op sy kop te lê en dit by die ingang van die tent van ontmoeting te slag. Die seuns van Aäron sal dan die skaap se bloed teen die kante van die altaar sprinkel.
9
’n Deel van die maaltydoffer moet vir die Here gegee word as ’n vuuroffer. Dit sluit in: die hele vetstert wat naby die rugstring afgesny is, die vet aan die binnegoed,
10
die twee niere met die vet rondom, en ’n deel van die lewer wat saam met die niere verwyder moet word.
11
Die priester sal dit op die altaar verbrand, as ’n vuuroffer vir die Here.
12
“As jy ’n bok bring om vir die Here te offer,
13
lê jou hand op sy kop en slag dit by die ingang van die tent van ontmoeting. Die seuns van Aäron sal dan die bloed van die bok teen die kante van die altaar sprinkel.
14
’n Deel van die offer moet vir die Here as ’n vuuroffer gegee word. Dit sluit in die vet aan die binnegoed,
15
die twee niere met die vet rondom en ’n deel van die lewer wat saam met die niere verwyder word.
16
Die priester sal dit op die altaar as voedsel verbrand, as ’n vuuroffer vir die Here. Onthou, al die vet behoort aan die Here.
17
“Jy mag nooit enige vet of bloed eet nie. Dit is ’n vaste voorskrif vir jou en jou nageslag, waar hulle ook al bly.”
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 4 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27