bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Zechariah 2
Zechariah 2
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 3 →
1
Toe ek weer sien, was daar ’n man met ’n maatlyn in sy hand.
2
“Waarheen is u op pad?” het ek gevra. Hy het geantwoord: “Ek gaan Jerusalem opmeet om te kyk wat sy lengte en breedte is.”
3
Die engel by my het gegaan om ’n tweede engel wat na hom toe kom, te ontmoet.
4
Die ander engel het gesê: “Maak gou en sê vir daardie jong man: ‘Jerusalem sal eendag so vol mense wees dat daar nie genoeg plek vir almal sal wees nie! Baie sal met hulle diere buite die stadsmure leef en tog veilig wees.
5
Ek sal self ’n muur van vuur rondom Jerusalem wees, sê die Here. Ek sal die heerlikheid binne die stad wees!’”
6
Die Here sê: “Kom weg! Vlug uit die noorde! Ek het julle oor die hele aarde verstrooi.
7
Kom weg! Vlug na Jerusalem, julle wat in Babilon in ballingskap was!”
8
Na ’n tyd van eer het die Here, die Almagtige, my na die nasies wat jou verdruk het, gestuur. Hy het gesê: “Enigiemand wat julle seermaak, beseer my kosbaarste besitting.
9
Ek sal my vuis oplig om hulle te vernietig en hulle eie slawe sal hulle plunder.” Dan sal julle weet dat die Here, die Almagtige, my gestuur het.
10
Die Here sê: “Sing en juig, o Jerusalem, want Ek kom tussen julle woon.
11
Baie nasies sal hulle op daardie dag by die Here aansluit en hulle sal ook my volk wees. Ek sal tussen julle woon en julle sal weet dat die Here, die Almagtige, my na julle toe gestuur het.
12
Die land van Juda sal die Here se erfdeel wees in die heilige land en Hy sal Jerusalem weer as sy eie stad kies.
13
Wees stil voor die Here, mensdom, want Hy kom uit sy heilige woning.”
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 3 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14