bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
2 Samuel 4
2 Samuel 4
Afrikaans 1933/1953
← Chapter 3
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 5 →
1
Toe die seun van Saul hoor dat Abner in Hebron gesterf het, het sy hande slap geword, en die hele Israel was verskrik.
2
En die seun van Saul het twee manne, owerstes van bendes, gehad: die naam van die een was B ëna en die naam van die ander R,gab, seuns van Rimmon, die Beërotiet, uit die kinders van Benjamin, want Beërot is ook by Benjamin gereken.
3
En die Beërotiete het na Gitt im gevlug en was daar vreemdelinge tot vandag toe.
4
En Jonatan, die seun van Saul, het 'n seun gehad, lam aan altwee voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding aangaande Saul en Jonatan uit J¡sreël gekom het, en sy oppasser het hom opgetel en gevlug; maar terwyl sy in haar haastigheid vlug, het hy geval en lam geword; en sy naam was Mefiboset.
5
En die seuns van Rimmon, die Beërotiet, R,gab en B ëna, het gegaan en by die huis van Isboset gekom op die warmste van die dag toe hy in sy middagslaap lê.
6
En hulle het daar ingekom tot binne-in die huis om koring te gaan haal en hom in die onderlyf gesteek; en R,gab en sy broer B ëna het ontvlug.
7
Hulle het naamlik die huis ingegaan, terwyl hy op sy bed in sy slaapkamer lê, en hom doodgeslaan en sy hoof afgekap; en hulle het sy hoof saamgeneem en die hele nag deur geloop met die pad van die Vlakte
8
en die hoof van Isboset na Dawid in Hebron gebring en aan die koning gesê: Hier is die hoof van Isboset, die seun van Saul, u vyand wat u lewe gesoek het; maar die HERE het aan my heer die koning vandag wraak gegee op Saul en sy nageslag.
9
Maar Dawid het R,gab en sy broer B ëna, die seuns van Rimmon, die Beërotiet, geantwoord en aan hulle gesê: So waar as die HERE leef wat my siel uit alle benoudheid verlos het,
10
hom wat aan my berig gebring en gesê het: Kyk, Saul is dood! -- terwyl hy in sy eie oë was soos een wat 'n goeie boodskap bring -- het ek gegryp en hom in Siklag gedood, aan wie ek eintlik boodskappersloon moes gegee het;
11
hoeveel te meer sal ek dan nou nie, as goddelose mense 'n regverdige man in sy huis op sy bed vermoor, sy bloed van julle hand eis en julle van die aarde verdelg nie?
12
Toe het Dawid die jongmanne bevel gegee, en die het hulle gedood en hul hande en voete afgekap en hulle opgehang by die dam in Hebron; maar die hoof van Isboset het hulle geneem en dit begrawe in die graf van Abner in Hebron.
← Chapter 3
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 5 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24