bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Hosea 1
Hosea 1
Afrikaans 1933/1953
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 2 →
1
Die woord van die HERE wat gekom het tot Hos,a, die seun van Beëri, in die dae van Uss¡a, Jotam, Agas, Jehisk¡a, konings van Juda, en in die dae van Jerobeam, die seun van Joas, koning van Israel.
2
Die begin van wat die HERE met Hos,a gespreek het; die HERE het aan Hos,a gesê: Gaan heen, neem vir jou 'n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word.
3
Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom 'n seun gebaar.
4
En die HERE het vir hom gesê: Noem hom J¡sreël, want nog 'n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van J¡sreël aan die huis van Jehu besoek en 'n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel.
5
Ja, in die dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van J¡sreël.
6
Toe het sy weer swanger geword en 'n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rug ma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie.
7
Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie.
8
Nadat sy Lo-Rug ma gespeen het, het sy weer swanger geword en 'n seun gebaar.
9
En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s'n wees nie.
10
Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie -- sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.
11
Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van J¡sreël! [ (Hosea 1:12) Sê aan julle broers: Ammi, en aan julle susters: Rug ma. ]
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 2 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14