1 John 2:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Elkeen wat die Seun verloën, hy het nie die Vader nie; (maar) wie die Seun erken, het ook die Vader.
Afrikaans (NLV) 2011
Elkeen wat nie die Seun erken nie, het ook nie deel aan die Vader nie. Elkeen wat die Seun egter erken, het ook deel aan die Vader.
Afrikaans 1933/1953
Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.
Afrikaans 1983
Wie nie die Seun erken nie, verwerp ook die Vader; wie die Seun erken, erken ook die Vader.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elkeen wat die Seun ontken, het nie die Vader nie; wie die Seun bely, het ook die Vader.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Almal wat nie die Seun aanvaar nie, behoort nie aan die Vader nie, maar almal wat in die Seun glo en wat dit sê, behoort aan die Vader.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Immers, iemand wat sy rug vir die Seun draai, kan tog nie aan die kant van die Vader wees nie. Iemand is wel aan die kant van die Vader as hy voluit agter die Seun aangaan.