bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Jeremiah 12
Jeremiah 12
Afrikaans 1983
← Chapter 11
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 13 →
1
Ek sal my saak vir U stel, want U is regverdig, Here. Ek sal punt vir punt my saak voor U lê: Waarom is die goddelose mense voorspoedig en het die ontrou mense geen sorge nie?
2
U het hulle geplant; hulle het wortel geskiet, gegroei, ook vrugte gedra. Hulle neem u Naam graag op hulle lippe, maar U is nie in hulle hart nie.
3
U ken my, Here, U sien my en toets my gesindheid teenoor U. Bring hulle om die lewe soos skape by die slagplek, sonder hulle af vir die slagting wat kom.
4
Hoe lank moet die land droog lê, moet al die plante van die veld verdor? Die diere en die voëls vergaan oor die boosheid van die inwoners van die land wat sê: “Jeremia sal nie langer leef as ons nie.”
5
As voetsoldate jou moeg hardloop, hoe sal jy teen perde kan hardloop? En as jy net in 'n vreedsame land veilig voel, hoe sal jy maak in die digte bos aan die Jordaan?
6
Jou broers en jou familie, selfs hulle het jou verraai, hulle het ander teen jou gewaarsku. Moet hulle nie vertrou as hulle vriendelik met jou praat nie.
7
Ek het my volk verlaat, hulle wat aan My behoort, prysgegee, die volk wat Ek liefhet, oorgegee in die mag van sy vyande.
8
My eie volk het soos 'n leeu in die bos teenoor My geword, hulle het vir My gebrul, daarom het Ek 'n afkeer van hulle gekry.
9
My eie volk is soos 'n hiëna teenoor My, met 'n klomp roofvoëls rondom; gaan maak al die roofdiere bymekaar, laat hulle kom vreet!
10
Die baie regeerders het my wingerd verniel, my lande vertrap, my pragtige land 'n verlate woestyn gemaak,
11
dit 'n woestyn gemaak wat treur, wat verlate voor My lê. Die hele land lê verlate, maar niemand steur hom daaraan nie.
12
Oor al die heuwels in die woestyn kom rowers. Die swaard van die Here verteer van die een kant van die land tot by die ander. Geen mens of dier word met rus gelaat nie.
13
My volk het koring gesaai maar dorings geoes, hulle moeite was tevergeefs. Hulle staan verslae, sonder oes, want die gloeiende toorn van die Here het hulle getref.
14
So sê Ek, die Here, oor al die slegte buurvolke wat hulle vergryp het aan die eiendom wat Ek aan my volk Israel gegee het: Ek sal hulle uitruk uit hulle grondgebied, maar Ek sal die Judeërs tussen húlle uitruk,
15
en nadat Ek die Judeërs uitgeruk het, sal Ek My weer oor hulle ontferm, en Ek sal elkeen laat terugkom na sy besittings en sy land toe.
16
En as die buurvolke die gebruik van my volk aanleer om in my Naam 'n eed af te lê met die woorde: “So seker as die Here leef!” net soos hulle my volk geleer het om in die naam van Baäl 'n eed af te lê, sal hulle 'n plek kry onder my volk.
17
Maar as hulle nie luister nie, sal Ek so 'n volk heeltemal uitruk en vernietig, sê die Here.
← Chapter 11
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 13 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52