bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Proverbs 4
Proverbs 4
Afrikaans 1983
← Chapter 3
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 5 →
1
Kinders, neem die opvoeding wat 'n vader julle gee, ter harte; slaan daarop ag, sodat julle kan leer wat insig is,
2
want wat ek julle leer, is goed; moenie die onderrig wat ek gee, versmaai nie.
3
Ek was ook eenkeer 'n kind, my moeder se oogappel, haar enigste.
4
My vader het my toe ook geleer en vir my gesê: “Wat ek jou sê, moet jy vashou, my voorskrifte moet jy uitvoer, sodat jy werklik kan lewe.
5
Sorg dat jy wysheid bekom, en insig! Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie;
6
maak die wysheid jou metgesel, dit sal jou beskerm; as jy dit liefhet, sal dit jou veilig bewaar.
7
Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles wat jy het, om insig te kry!
8
Slaan dit hoog aan, dan sal dit aan jou aansien gee. Dit sal jou 'n man van betekenis maak as jy dit vasgryp.
9
Dit sal jou lewe versier, dit sal vir jou 'n sierlike kroon wees.”
10
Luister, my seun, en aanvaar wat ek jou sê; dit sal jou lewensjare baie maak.
11
Ek sal jou leer wat die pad van die wysheid is en jou die regte koers laat loop.
12
As jy loop, sal daar niks in jou pad wees nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.
13
Hou vas aan wat ek jou leer, moet dit nie laat los nie; bly daarby, want dit is jou lewe.
14
Moenie agter die goddeloses aanloop nie, vermy die pad van slegte mense.
15
Los dit, moenie daarop loop nie, draai weg, vermy die slegte mense;
16
hulle kan nie slaap as hulle nie kwaad gedoen het nie; hulle lê wakker as hulle nie iemand se ondergang bewerk het nie.
17
Misdaad is hulle kos, geweld hulle drank.
18
Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is;
19
die pad van die goddeloses is soos die donker: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.
20
My seun, hoor wat ek vir jou sê, luister goed na my woorde!
21
Moet dit nie vergeet nie, hou dit altyd in gedagte,
22
want dit beteken lewe vir dié wat daarna luister, 'n volle lewe vir hom wat dit besit.
23
Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.
24
Weerhou jou van leuens, moenie mense mislei nie.
25
Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit.
26
Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree.
27
Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.
← Chapter 3
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 5 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31