bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Proverbs 9
Proverbs 9
Afrikaans 1983
← Chapter 8
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 10 →
1
Wysheid het vir haar 'n huis gebou met sewe klippilare.
2
Sy het geslag en wyn reggesit, sy het haar tafel gedek
3
en haar bediendes na die stad toe gestuur om van die hoogste plek af te roep:
4
“Kom hiernatoe, almal wat nog moet leer!” En vir dié wat kennis kortkom, het sy gesê:
5
“Kom eet by my, kom drink van die wyn wat ek reggesit het!
6
Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe, kom op die pad van die insig!”
7
Wie iemand so opvoed dat hy 'n ligsinnige mens word, moet die verwyt daarvoor dra; wie iemand so leer dat hy 'n goddelose word, doen dit tot sy eie skande.
8
Moenie 'n ligsinnige mens probeer opvoed nie, hy sal jou daarvoor haat. Voed 'n wyse op, en hy sal lief wees vir jou.
9
Gee jou aandag aan 'n wyse mens, en hy kry meer wysheid, leer 'n regverdige, en sy kennis vermeerder.
10
Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.
11
As jy wysheid het, sal jy lank lewe, jou lewensjare sal vermeerder word.
12
As jy wysheid het, het jy self die voordeel daarvan; as jy 'n ligsinnige mens is, dra jy alleen die las.
13
Dwaasheid is soos 'n vrou wat luidrugtig bly klets, stadig van begrip en sonder kennis van sake.
14
Sy sit by haar voordeur, haar stoel staan op die hoogste plek in die stad,
15
en sy roep na dié wat verbykom, elkeen besig om sy gang te gaan:
16
“Draai af hiernatoe, almal wat nog onervare is!” Sy sê vir dié wat kennis kortkom:
17
“Gesteelde water is soet, kos wat stilletjies geëet word, is lekker!”
18
Dié wat na haar luister, besef nie dat die dood self daar wag nie, dat dié wat hulle deur haar laat nooi het, klaar diep in die doderyk is nie.
← Chapter 8
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 10 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31