bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Exodus 24
Exodus 24
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 23
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 25 →
1
Vir Moses het Hy gesê: “Klim op na die Here, jy en Aäron, Nadab en Abihu en sewentig van die oudstes van Israel, maar buig van ver af al in aanbidding.
2
Moses alleen mag nader aan die Here gaan; hulle mag egter nie nader gaan nie, en die volk mag nie saam met hom opklim nie.”
3
Moses het gegaan en aan die volk al die woorde van die Here, en al die bepalings oorgedra. Die hele volk het eenstemmig geantwoord en gesê: “Alles wat die Here gesê het, sal ons doen.”
4
Moses het al die woorde van die Here neergeskryf. Hy het vroeg die oggend opgestaan en aan die voet van die berg 'n altaar opgerig en twaalf gedenkstene vir die twaalf stamme van Israel.
5
Hy het jong manne uit die Israeliete gestuur, en hulle het •brandoffers geoffer, en vir die Here bulle geslag as •maaltydoffers.
6
Moses het die helfte van die bloed geneem en in bakke gegooi. Die ander helfte van die bloed het hy teen die altaar gesprinkel.
7
Toe neem hy die Boekrol van die Verbond en lees dit duidelik hoorbaar aan die volk voor. Hulle het gesê: “Alles wat die Here gesê het, sal ons doen en gehoorsaam.”
8
Moses het toe die bloed geneem en dit oor die volk gesprinkel en gesê: “Kyk, dit is die bloed van die verbond wat die Here met julle sluit op grond van al hierdie woorde.”
9
Daarna het Moses en Aäron, Nadab en Abihu en sewentig van die oudstes van Israel die berg uitgeklim.
10
Hulle het die God van Israel gesien. Onder sy voete was dit soos 'n plaveisel van •lasuursteen, so helder soos die hemelruim self.
11
Teen hierdie vernames van die Israeliete het God sy hand nie uitgesteek nie. Hulle het God aanskou en toe geëet en gedrink.
12
Die Here het vir Moses gesê: “Kom na My toe op die berg en bly daar. Ek sal vir jou die kliptafels gee met die wet, met die opdragte wat Ek geskryf het, om hulle te onderrig.”
13
Moses en Josua, sy helper, het gereedgemaak, en Moses het die berg van God uitgeklim.
14
Vir die oudstes het hy gesê: “Wag hier vir ons, totdat ons na julle terugkom. Kyk, Aäron en Hur is by julle, en wie ook al regsake het, kan na hulle toe gaan.”
15
Moses het die berg uitgeklim en die wolk het die berg bedek.
16
Die heerlikheid van die Here het op die berg Sinai vertoef en die wolk het die berg ses dae lank bedek. Die Here het op die sewende dag uit die wolk na Moses geroep.
17
Die heerlikheid van die Here het vir die Israeliete gelyk soos 'n verterende vuur op die kruin van die berg.
18
Moses het in die wolk ingegaan en die berg verder uitgeklim. Moses was veertig dae en veertig nagte lank op die berg.
← Chapter 23
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 25 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40