bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Job 4
Job 4
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 3
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 5 →
1
Elifas uit Teman het hierop gereageer en gesê:
2
“Kan mens 'n woord na jou kant toe waag? Sal jy ontstemd raak? Maar woorde terughou – wie kan dit doen?
3
Kyk, jy het baie mense tereggewys; slap hande het jy sterk gemaak.
4
Jou woorde het die een wat struikel, regop gehelp; wankelrige knieë het jy stewig gemaak.
5
Maar noudat dit jou oorkom, is jy ontstemd; noudat dit jou tref, is jy ontsteld.
6
Is jou ontsag vir God dan nie dit waarop jy staatmaak nie? Is jou hoop nie gevestig op jou onberispelike optrede nie?
7
Dink tog daaraan: Wie het, terwyl hy onskuldig is, omgekom? Waar is opregtes al uitgewis?
8
Wat ek waargeneem het, is: Wie onreg inploeg en teenspoed saai, oes dit ook.
9
Deur die asem van God kom hulle om, deur die wind uit sy neus gaan hulle tot niet.
10
Daar is die gebrul van 'n leeu, die stem van 'n maanhaar, maar die tande van jong leeus word gebreek.
11
By gebrek aan prooi kom die leeumannetjie om, die welpies van die leeuwyfie raak verstrooi.
12
“Na my toe het 'n woord in die geheim gekom; my oor het die fluistering daarvan opgevang.
13
Te midde van verontrustende gedagtes in naggesigte, terwyl 'n diep slaap mense oorval,
14
het vrees en bewing my beetgepak en my hele liggaam laat sidder.
15
'n Gees het langs my verbygegaan, dit het die hare op my lyf laat rys.
16
Hy het gaan staan, maar ek kon nie sy voorkoms herken nie; die gedaante was reg voor my oë. 'n Fluisterende stem is wat ek gehoor het,
17
‘Kan 'n mens regverdiger as God wees, of kan 'n man reiner as sy Maker wees?
18
Kyk, as Hy selfs in sy dienaars nie sy vertroue stel nie, en sy boodskappers blameer vir dwaling,
19
hoeveel te meer geld dit dan hulle wat in huise van klei woon, met fondamente in die stof? Vinniger as 'n mot word hulle platgetrap.
20
Tussen dagbreek en sononder word hulle verpletter; sonder dat dit opgemerk word, kom hulle vir ewig om.
21
Word hulle tenttoue nie losgemaak nie? Hulle sterf – sonder wysheid.’
← Chapter 3
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 5 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42