bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Leviticus 2
Leviticus 2
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 3 →
1
“ ‘ Wanneer iemand vir die Here 'n •graanoffer bring, moet sy offer gesifte meel wees. Hy moet olyfolie daaroor gooi en wierook langsaan neersit.
2
Hy moet dit dan na die seuns van Aäron, die priesters, bring, en 'n hand vol van die gesifte meel en olie met al die wierook neem en die priester moet hierdie simboliese offer op die altaar verbrand as 'n geurige offer, 'n offergawe aan die Here.
3
Wat oorbly van die graanoffer kom Aäron en sy seuns toe. Dit is 'n besonder heilige deel van die offergawes aan die Here.
4
“ ‘ Wanneer jy 'n graanoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit van gesifte meel wees; ongesuurde ringbrode wat met olyfolie gemeng is, of ongesuurde platbrode wat met olyfolie gesmeer is.
5
As jou offer 'n graanoffer is wat van 'n bakplaat af kom, moet dit van gesifte meel wees, ongesuurd en met olyfolie gemeng.
6
Breek dit in stukkies en gooi olyfolie daaroor, dan is dit 'n graanoffer.
7
“ ‘As jou offer 'n graanoffer is wat uit 'n pan kom, moet dit met gesifte meel en olyfolie voorberei word.
8
Jy moet die graanoffer wat op dié manier vir die Here voorberei is, bring. Dit moet na die priester geneem word en hy moet dit naderbring na die altaar.
9
Die priester moet die simboliese offer van die graanoffer verwyder en dit op die altaar verbrand as 'n geurige offer, 'n offergawe aan die Here.
10
Wat oorbly van die graanoffer, kom Aäron en sy seuns toe. Dit is 'n besonder heilige deel van die offergawes aan die Here.
11
“ ‘ Geen graanoffer wat julle vir die Here bring, mag met suurdeeg voorberei word nie. Ja, geen suurdeeg of heuning mag as offergawe aan die Here verbrand word nie.
12
Julle mag dit as 'n offer van die eerstelinge vir die Here bring, maar op die altaar mag dit nie as 'n aangename geur geoffer word nie.
13
Jy moet sout by al jou graanoffers byvoeg. Jy mag nie die sout van die verbond van jou God uit jou graanoffer weglaat nie. Daar moet sout wees by al jou offers wat jy bring.
14
“ ‘ As jy vir die Here 'n graanoffer van die eerste opbrengs van die oes bring, moet dit ryp are wees, gebreekte graankorrels van die nuwe oes wat oor die vuur gerooster is. Jy moet dit bring as jou graanoffer van die eerste opbrengs.
15
Jy moet olyfolie daaroor gooi en wierook daarop neersit, dan is dit 'n graanoffer.
16
Die priester moet die simboliese offer van die gebreekte graankorrels en olie, en ook al die wierook verbrand. Dit is 'n offergawe aan die Here. ’ ”
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 3 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27