bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Leviticus 3
Leviticus 3
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 4 →
1
“ ‘ As iemand se offer 'n •maaltydoffer is wat uit die beeste kom, moet hy 'n bul of 'n koei sonder gebrek bring. Hy moet dit voor die Here bring
2
en sy hand op die kop van sy offer lê. Dan moet hy dit keelaf sny by die ingang van die •Tent van Ontmoeting en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed reg rondom teen die altaar sprinkel.
3
Van die maaltydoffer moet hy vir die Here 'n offergawe bring: die vet wat die binnegoed bedek en al die vet aan die binnegoed,
4
sowel as die twee niere met die vet daaraan wat teen die kruis lê. Die lewerlob moet hy saam met die niere verwyder.
5
Die seuns van Aäron moet dit op die altaar verbrand bo-op die •brandoffer wat op die hout op die vuur op die altaar is. Dit is 'n geurige offer, 'n offergawe aan die Here.
6
“ ‘ As sy offer 'n maaltydoffer is wat uit die kleinvee kom, dan moet dit 'n ram of 'n ooi sonder gebrek wees wat hy vir die Here bring.
7
As dit 'n skaap is wat hy as sy offer bring, moet hy dit voor die Here bring
8
en sy hand op die kop van sy offer lê. Hy moet dit keelaf sny voor die Tent van Ontmoeting. Die seuns van Aäron moet die bloed reg rondom teen die altaar sprinkel.
9
Hy moet die vet van die maaltydoffer as 'n offergawe aan die Here bring. Hy moet die hele vetstert tot teen die stuitjie verwyder, asook die vet wat die binnegoed bedek en al die vet wat aan die binnegoed is,
10
sowel as die twee niere met die vet daaraan wat teen die kruis lê. Die lewerlob moet hy saam met die niere verwyder.
11
Die priester moet dit alles op die altaar verbrand. Dit is voedsel, 'n offergawe aan die Here.
12
“ ‘ As sy offer 'n bok is, moet hy dit voor die Here bring
13
en sy hand op die dier se kop lê. Hy moet dit voor die Tent van Ontmoeting keelaf sny en die seuns van Aäron moet die bloed reg rondom teen die altaar sprinkel.
14
'n Deel van sy offer moet hy as offergawe aan die Here bring: die vet wat die binnegoed bedek en ook al die vet aan die binnegoed,
15
sowel as die twee niere met die vet daaraan wat teen die kruis lê. Die lewerlob moet hy saam met die niere verwyder.
16
Die priester moet dit alles op die altaar verbrand. Dit is voedsel, 'n offergawe met 'n aangename geur. Al die vet behoort aan die Here.
17
Dit is 'n voorskrif wat altyd vir julle nageslagte geld, waar julle ook al woon: Julle mag geen vet of bloed eet nie.’ ”
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 4 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27