bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
2 Chronicles 16
2 Chronicles 16
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 15
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 17 →
1
In die ses-en-dertigste jaar nadat Asa koning geword het in Juda, het koning Baesa van Israel besluit om Juda aan te val. Baesa het die stad Rama se mure sterker gemaak, want hy wou keer sodat mense nie na koning Asa toe kan gaan en weer kan terugkom nie.
2
Asa het toe goud en silwer geneem uit die stoorkamers van die tempel en die paleis en hy het vir koning Ben-Hadad van Aram 'n boodskap gestuur. Koning Ben-Hadad het in Damaskus gewoon. Asa het vir Ben-Hadad gesê:
3
“Daar is 'n ooreenkoms tussen ons en daar was 'n ooreenkoms tussen my pa en jou pa. Ek stuur silwer en goud vir jou. Jy moet jou ooreenkoms met Baesa van Israel breek, dan sal hy moet weggaan uit my land.”
4
Ben-Hadad het gedoen wat koning Asa gevra het. Hy het die hoofde van sy leër gestuur om die stede van Israel aan te val. Hulle het die stede Ijon, Dan en Abel-Majim oorwin, en ook al die stede in die land Naftali waar daar stoorkamers was.
5
Toe Baesa dit hoor, het hy opgehou om die stad Rama te bou, hy het al die werk gelos.
6
Koning Asa het toe al die mense van Juda saamgeneem, en hulle het die klippe en die hout weggedra wat Baesa wou gebruik om te bou. Asa het die stede Geba en Mispa gebou met daardie klippe en hout.
7
In daardie tyd het die siener Ganani na koning Asa van Juda toe gekom en vir hom gesê: “Jy het vir die koning van Aram gevra om jou te help, jy het nie vir jou God die Here gevra nie. Nou sal jy nie die leër van die koning van Aram kan oorwin nie.
8
Die Kussiete en die Libiërs het 'n groot leër gehad met baie oorlogkarre en manne op perde, maar jy het vir die Here gevra om jou te help, en Hy het jou laat wen teen hulle.
9
Want die Here sien alles wat op die aarde gebeur en Hy maak die mense sterk wat in Hom glo. Maar jy het 'n dom ding gedoen, en van nou af sal jy altyd oorlog moet maak.”
10
Asa was kwaad vir die siener. Hy was so kwaad dat hy die siener in die tronk laat sit het. Asa het in daardie tyd ook begin om slegte dinge te doen aan party van sy mense.
11
Die dinge wat Asa gedoen het, voorheen en later, is geskryf in die Boek van die Konings van Juda en Israel.
12
In die nege-en-dertigste jaar nadat hy koning geword het, het Asa baie siek geword, sy voete was baie seer. Dit het baie sleg gegaan met hom, maar hy het nie vir die Here gevra om hom te help nie, hy het vir dokters gevra om hom gesond te maak.
13
Asa het gesterf in die een-en-veertigste jaar nadat hy koning geword het.
14
Hulle het hom begrawe in die graf wat hy vir homself laat uitkap het in die Dawidstad. Hulle het sy liggaam neergesit op die plek wat vol kruie en lekkerruik-olies was. Daarna het hulle 'n baie groot vuur aangesteek vir hom om hom te eer.
← Chapter 15
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 17 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36