bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Job 3
Job 3
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 4 →
1
Ná die sewe dae het Job begin praat. Hy het die dag vervloek toe hy gebore is.
2
Job het gesê:
3
“Ek wens die dag was nooit daar nie, die dag toe ek gebore is. Ek wens die nag was nooit daar nie, die nag toe iemand gesê het daar is 'n seun gebore.
4
Ek wens daardie dag het donker gebly, God daarbo moes nie daardie dag vir my gegee het nie, daar moes nie lig geskyn het op daardie dag nie.
5
Daardie dag moes donker gebly het, baie donker, wolke moes dit toegemaak het, die son moes donker gebly het.
6
Daardie nag moes donker gebly het, dit moes nie een van die dae van die jaar geword het nie, dit moes nie een van die dae in 'n maand geword het nie.
7
Daardie nag moes die laaste nag gewees het, niemand moes toe bly gewees het nie.
8
Die mense wat dae vervloek, die mense wat weet hoe om die Leviatan wakker te maak, hulle moes ook daardie dag vervloek het.
9
Die sterre wat vroeg die oggend begin skyn het, moes donker gebly het. Dit moes nie lig geword het toe die nag gewag het vir die lig van die vroeë oggend nie.
10
Hoekom? Want die nag het nie gekeer dat ek gebore word en begin het om swaar te kry nie.
11
Hoekom het ek nie gesterf voordat ek gebore is nie? Of hoekom het ek nie dadelik gesterf nadat ek gebore is nie?
12
Hoekom het my ma my op haar knieë gesit en my laat drink?
13
As dit nie gebeur het nie, dan het ek stil in die graf gelê, dan het ek geslaap en gerus
14
saam met die konings en die slim mense van die aarde, die mense wat vir hulleself stede gebou het van hope klippe.
15
Dan het ek geslaap en gerus saam met die belangrike mense wat goud en huise vol silwer gehad het,
16
of ek sou glad nie daar gewees het nie, soos 'n baba wat doodgebore is en wat iemand weggesteek het, soos 'n kind wat nooit die lig gesien het nie.
17
Daar in die doderyk kan die mense wat verkeerd doen, nie meer probleme maak nie, daar rus almal wat moeg is.
18
Daar kan die gevangenes rustig en stil wees, die voormanne raas nie meer met hulle nie.
19
Daar is kinders en grootmense saam, en slawe is daar vry van hulle eienaars.
20
Hoekom het God lig gegee vir iemand wat net swaarkry? Hoekom het Hy iemand laat lewe wat altyd ongelukkig is,
21
iemand wat wens dat hy sterf, maar die dood kom nie? Hoekom laat God iemand lewe wat graag wil sterf en wat nie wil soek na kosbare goed nie,
22
iemand wat baie bly sal wees wanneer hy in die graf kan gaan lê?
23
Hoekom laat God iemand lewe wat nie weet wat met hom sal gebeur nie omdat God hom afgesny het van alles?
24
Ek kan nie eet nie, ek hou aan om te sug en te kla,
25
want ek was bang vir baie dinge, en dit alles het gebeur met my.
26
Ek kan nie stil en rustig wees nie, ek kan nie rus nie, ek hou aan om bekommerd te wees.”
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 4 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42