bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Numbers 1
Numbers 1
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 2 →
1
In die middel van die lente in die tweede jaar nadat Israel uit Egipte weggetrek het, het die Here met Moses in die tabernakel, die spesiale tent waar Hy hom ontmoet het, gepraat en vir hom gesê:
2
[2-3] “Jy en Aäron moet ’n sensusopname van die hele volk volgens hulle familiegroepe en stamme hou. Skryf die name op van al die mans van twintig en ouer wat militêre diens kan doen.
3
***
4
Kry een hoof uit elke stam om julle hiermee te help.
5
Hier is die name van die mense wat julle moet help: uit die stam Ruben: Sedeür se seun Elisur;
6
uit Simeon: Suri-Saddai se seun Selumiël;
7
uit Juda: Amminadab se seun Nagson;
8
uit Issaskar: Suar se seun Netanel;
9
uit Sebulon: Gelon se seun Eliab;
10
uit die nageslag van Josef, uit Efraim: Ammihud se seun Elisama, en uit Manasse: Pedasur se seun Gamliël;
11
uit die stam Benjamin: Gidoni se seun Abidan;
12
uit Dan: Ammi-Saddai se seun Agiëser;
13
uit Aser: Okran se seun Pagiël;
14
uit Gad: Reüel se seun Eljasaf;
15
uit Naftali: Enan se seun Agira.”
16
Hierdie stamhoofde, wat almal leiers in hulle eie families is, is die mense wat toe deur die volksvergadering aangewys is.
17
[17-18] Moses en Aäron het saam met hierdie leiers toe die volk op daardie dag bymekaar laat kom om hulle te laat registreer volgens hulle familiegroepe en stamme. Al die mans van twintig en ouer se name is een vir een opgeskryf,
18
***
19
volgens die Here se opdrag aan Moses. Dit het in die Sinaiwoestyn gebeur.
20
[20-46] Die weerbare manne se getalle volgens hulle stamme was: van Israel se oudste seun Ruben — 46 500 van Simeon — 59 300 van Gad — 45 650 van Juda — 74 600 van Issaskar — 54 400 van Sebulon — 57 400 van Josef se seuns: Efraim — 40 500 Manasse — 32 200 van Benjamin — 35 400 van Dan — 62 700 van Aser — 41 500 van Naftali — 53 400 Daar was altesaam 603 550 weerbare manne wat twintig jaar en ouer was. Hulle getalle is bereken volgens hulle families.
21
***
22
***
23
***
24
***
25
***
26
***
27
***
28
***
29
***
30
***
31
***
32
***
33
***
34
***
35
***
36
***
37
***
38
***
39
***
40
***
41
***
42
***
43
***
44
***
45
***
46
***
47
[47-48] Hierdie getalle het nie die Leviete ingesluit nie, want die Here het vir Moses gesê:
48
***
49
“Moenie die Leviete bytel wanneer jy die Israeliete tel om te sien hoeveel soldate jy het nie.
50
Jy moet hulle gebruik om toesig te hou oor die tabernakel, die spesiale tent wat die bewys van my teenwoordigheid by julle is. Hulle is ook verantwoordelik vir al die gereedskap en toebehore wat deel is van die tabernakel. Net hulle mag die tabernakel dra en met hierdie gereedskap werk. Daarom moet hulle hulle tente rondom die tabernakel opslaan waar julle ook al kamp.
51
Wanneer die tabernakel verskuif moet word, is dit die Leviete se werk om dit op en af te slaan. Enigiemand anders wat dit naby die tent waag, moet onmiddellik doodgemaak word.
52
Die res van die Israeliete moet hulle kamp volgens hulle verskillende leërafdelings opslaan. Elke afdeling het sy eie vlag.
53
Die Leviete moet hulle tente rondom die tabernakel, wat sê dat Ek by julle is, opslaan. Hulle moet die tabernakel oppas. Dit dien as beskerming vir die res van die volk, sodat iemand nie per ongeluk daar inkom en Ek baie kwaad word vir die Israeliete nie.”
54
Die Israeliete het toe alles presies volgens Moses se voorskrif gedoen.
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 2 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36