bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Numbers 2
Numbers 2
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 3 →
1
Die Here het vir Moses en Aäron die volgende instruksies gegee:
2
“Wanneer die Israeliete kamp opslaan, moet julle aan elke groep ’n sekere gebied toeken waar hulle hulle tente moet opslaan. Hulle moet ook hulle eie vlag daar laat waai. Die tent waar Ek aanbid word, moet in die middel van die kamp wees met die ander tente so ’n ent weg reg rondom die tabernakel opgeslaan.
3
“Die stam van Juda moet hulle kamp aan die oostekant, waar die son opkom, opslaan. Hulle moet by hulle vlag bly, en ingedeel in leërafdelings. Amminadab se seun Nagson is die leier van die stam.
4
Juda se soldate is 74 600.
5
Die stam van Issaskar moet langs Juda kamp opslaan. Suar se seun Netanel is die leier.
6
Hulle het 54 400 soldate.
7
Daarna volg die stam Sebulon met Gelon se seun Eliab as leier.
8
Hierdie stam het 57 400 soldate.
9
Die totaal van al die troepe in Juda se kamp is 186 400 soldate. Hierdie drie stamme moet altyd eerste trek as julle julle kamp verskuif.
10
“Die stam van Ruben moet aan die suidekant kamp opslaan, by hulle vlag, en hulle moet ingedeel word in verskillende leërafdelings. Sedeür se seun Elisur is die leier van die stam.
11
Ruben se getal soldate is 46 500.
12
Die stam van Simeon moet langs Ruben kamp opslaan. Suri-Saddai se seun Selumiël is die leier van die stam.
13
Daar is 59 300 soldate in die stam.
14
Daarna volg die stam van Gad met Reüel se seun Eljasaf as hulle leier.
15
Sy getal soldate is 45 650.
16
Die totaal van die troepe onder leiding van Ruben is altesaam 151 450 soldate. Hierdie stamme moet altyd tweede trek.
17
“Die Leviete met die tent van aanbidding moet altyd in die middel van die ander groepe bly wanneer hulle trek. Die stamme moet in dieselfde posisie bly waarin hulle ingedeel is en elke groep moet hulle eie vlag dra.
18
“Die stam Efraim moet aan die westekant kamp opslaan, by hulle vlag en ingedeel volgens verskillende leërafdelings. Ammihud se seun Elisama is die leier van daardie stam.
19
In sy stam is daar 40 500 soldate.
20
Die stam van Manasse moet langs Efraim kamp opslaan, met Pedasur se seun Gamliël as sy leier.
21
Die stam het 32 200 soldate.
22
Daarna volg die stam van Benjamin met Gidoni se seun Abidan as leier.
23
Die stam het 35 400 soldate.
24
Die totaal van die troepe onder leiding van Efraim is altesaam 108 100 soldate. Hierdie stamme moet altyd derde trek.
25
“Die stam van Dan moet aan die noordekant kamp opslaan by hulle vlag en volgens hulle leërafdelings. Ammi-Saddai se seun Agiëser is die leier van hierdie stam.
26
Dan se getal soldate is 62 700.
27
Die stam van Aser moet langs Dan kamp opslaan. Okran se seun Pagiël is die leier van die stam.
28
Aser se getal soldate is 41 500.
29
Daarna volg die stam van Naftali met Enan se seun Agira as leier.
30
Die getal soldate binne dié groep is 53 400.
31
Die totaal van die troepe onder leiding van Dan is altesaam 157 600 soldate. Hierdie stamme moet laaste trek.”
32
Dit was dan die totaal van al die Israeliete, volgens hulle families. Al die geteldes in die kampe, ingedeel in verskillende leërafdelings, was 603 550 soldate.
33
Soos die Here vir Moses beveel het, is die Leviete se getalle nie hierby ingereken nie.
34
Die Israeliete het presies gedoen wat die Here vir Moses gesê het. Hulle het elkeen by hulle eie vlag kamp opgeslaan en dit saamgedra as hulle weer weggetrek het. Elke stam was ook ingedeel volgens hulle familiegroepe.
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 3 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36