bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Jeremiah 27
Jeremiah 27
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 26
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 28 →
1
Aan die begin van Sedekia, seun van Josia, koning van Juda, se regering, het hierdie woord van die Here tot Jeremia gekom:
2
“So het die Here vir my gesê: Maak vir jou stroppe en skeie, en sit dit om jou nek;
3
stuur dit dan na die koning van Edom, die koning van Moab, die koning van die Ammoniete, die koning van Tirus en die koning van Sidon deur die gesante wat in Jerusalem by Sedekia, koning van Juda, aangekom het.
4
Beveel hulle om vir hulle heersers te sê, ‘So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “So moet julle vir julle heersers sê,
5
Ek is die een wat deur my groot krag en uitgestrekte arm die aarde gemaak het, ook die mense en diere wat op die aarde is, en Ek gee dit aan wie Ek wil.
6
En nou het Ek self al hierdie lande oorgegee in die hand van Nebukadnesar, die koning van Babilonië, my dienskneg. Ja, Ek het selfs die wilde diere aan hom gegee om aan hom onderhorig te wees.
7
Al die nasies sal hom en sy seun en sy kleinseun dien, totdat ook vir sy land die tyd aanbreek en magtige nasies en groot konings hom verkneg.
8
Maar die nasie of koninkryk wat nie aan hom, Nebukadnesar, die koning van Babilonië, onderhorig wil wees nie en sy nek nie onder die juk van die koning van Babilonië, insteek nie – met die swaard, hongersnood en pessiekte sal Ek van daardie nasie rekenskap eis, is die uitspraak van die Here, totdat Ek hulle volledig in sy hand oorgegee het.
9
Maar julle, moenie luister na julle profete, julle voorspellers, julle dromers, die lesers van voortekens of julle towenaars nie, hulle wat met julle praat en sê, ‘Julle sal nie die koning van Babilonië dien nie.’
10
Want dit is leuens wat hulle vir julle profeteer, en dit sal daartoe lei dat julle van julle grond af verwyder word. Ek sal julle verdryf, en julle sal omkom.
11
Maar die nasie wat sy nek onder die juk van die koning van Babilonië insteek en hom dien – Ek sal hulle op hulle grond laat bly, is die uitspraak van die Here, en hulle sal dit bewerk en daarop woon.” ’ ”
12
Vir Sedekia, koning van Juda, het ek toe al hierdie woorde gesê: “Steek julle nekke onder die juk van die koning van Babilonië in, en dien hom en sy volk, sodat julle kan leef!
13
Waarom moet julle, jy en jou volk, sterf deur die swaard, hongersnood en pessiekte, soos die Here gesê het oor die nasie wat die koning van Babilonië nie wil dien nie?
14
Moenie luister na die woorde van die profete wat vir julle sê, ‘Julle sal nie die koning van Babilonië dien nie,’ want dit is leuens wat hulle vir julle profeteer.
15
Want Ek het hulle nie gestuur nie,” is die uitspraak van die Here, “en hulle profeteer vals in my Naam, wat daartoe sal lei dat Ek julle verdryf, en dat julle sal omkom, julle en die profete wat vir julle profeteer.”
16
Vir die priesters en hierdie hele volk het ek gesê: “So sê die Here, ‘Moenie luister na die woorde van julle profete nie, hulle wat vir julle profeteer: “Kyk, die voorwerpe van die huis van die Here sal nou vinnig teruggebring word uit Babel.” Want dit is leuens wat hulle vir julle profeteer.
17
Moenie na hulle luister nie; dien die koning van Babilonië, sodat julle kan leef. Waarom moet hierdie stad 'n puinhoop word?’
18
As hulle dan profete is, en as die woord van die Here by hulle is, moet hulle liewer by die Here, Heerser oor alle magte, pleit dat die voorwerpe wat nog oor is in die huis van die Here en in die huis van die koning van Juda en in Jerusalem, nie na Babel gaan nie.
19
Want so sê die Here, Heerser oor alle magte, oor die pilare, die See, die verskuifbare staanders en die res van die voorwerpe wat in hierdie stad oorgebly het,
20
wat Nebukadnesar, die koning van Babilonië, nie weggevat het toe hy Jegonja, seun van Jojakim, koning van Juda, uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel saam met al die hoëlui van Juda en Jerusalem nie.
21
Ja, so sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, oor die voorwerpe wat oorgebly het in die huis van die Here en in die huis van die koning van Juda en in Jerusalem,
22
‘Na Babel sal dit geneem word, en dit sal daar bly tot op die dag dat Ek daaraan aandag gee,’ ” is die uitspraak van die Here. “ ‘Dan sal Ek dit laat haal en dit terugbring na hierdie plek.’ ”
← Chapter 26
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 28 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52