bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Jeremiah 3
Jeremiah 3
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 4 →
1
Jy moet sê: “As 'n man sy vrou wegstuur, en sy gaan van hom af weg en word die vrou van 'n ander man, sal hy weer na haar teruggaan? Sal daardie land nie heeltemal besoedel wees nie? Jy is die een wat met baie minnaars gehoereer het, en jy wil na My terugkeer?” is die uitspraak van die Here.
2
“Kyk op na die woestynpaaie en sien self! Waar is jy nie misbruik nie? Langs die paaie het jy hulle ingewag soos 'n Arabier in die woestyn. Jy het die land besoedel met jou hoerery en boosheid!
3
Die stortreëns is teruggehou, en die laatreëns was net nie daar nie. Maar jy het die voorkop van 'n prostituut; jy weier om jou te skaam.
4
Het jy My nie so pas aangeroep as ‘my Vader’ nie? ‘Die boesemvriend van my jeug is U!
5
Sal Hy dan vir altyd toornig bly, of toorn vir ewig koester?’ Kyk, so praat jy, maar jy doen bose dinge, en hou daarmee vol.”
6
In die dae van koning Josia het die Here vir my gesê: “Het jy gesien wat die afvallige, Israel, gedoen het? Sy gaan na elke hoë heuwel, en gaan onder elke skaduryke boom in, en daar hoereer sy.
7
Ek het gedink: Nadat sy al hierdie dinge gedoen het, sal sy na My terugkeer. Maar sy het nie teruggekeer nie. En die verraderlike, haar suster Juda, het dit gesien.
8
Sy het gesien dat Ek haar suster, die afvallige, Israel, weggestuur het omdat sy egbreuk gepleeg het. Ek het haar skeibrief vir haar gegee. Maar die verraderlike, haar suster Juda, is nie daardeur afgeskrik nie. Ook sy het gegaan en gehoereer.
9
En omdat haar hoerery so ligtelik opgeneem is, het sy die land besoedel. Sy het met klip en hout egbreuk gepleeg.
10
Selfs nieteenstaande dit alles het die verraderlike, haar suster Juda, nie met haar hele hart na My teruggekeer nie, maar met 'n geveins,” is die uitspraak van die Here.
11
Die Here het verder vir my gesê: “Die afvallige, Israel, het haarself regverdiger gedra as die verraderlike, Juda.
12
Gaan skreeu hierdie woorde uit na die noorde en sê, ‘Keer terug, afvallige, Israel!’ ” is die uitspraak van die Here. “Ek sal nie met 'n stroewe gelaat na julle kyk nie, want Ek is vol troue liefde,” is die uitspraak van die Here. “Ek sal nie vir altyd toornig wees nie.
13
Erken net jou sondeskuld, want teen die Here jou God het jy oortree. Jy het jou paaie in alle rigtings laat loop na vreemdes onder elke skaduryke boom. Na my stem het julle nie geluister nie,” is die uitspraak van die Here.
14
“Keer terug, afvallige kinders!” is die uitspraak van die Here, “want dit is Ek wat heer is oor julle. Ek sal julle terugneem, een uit 'n stad en twee uit 'n familiegroep; en Ek sal julle na Sion bring.
15
Ek sal herders na my hart vir julle gee. Hulle sal met kennis en insig aan julle weiding verskaf.
16
En wanneer julle vermeerder en vrugbaar is in die land in daardie dae,” is die uitspraak van die Here, “sal hulle nie meer sê, ‘Die ark van die Here se verbond!’ nie. Dit sal trouens nie eers in hulle gedagte opkom nie. Hulle sal nie daaraan dink of dit mis nie. Dit sal ook nie weer gemaak word nie.
17
In daardie tyd sal hulle Jerusalem “die troon van die Here” noem. By haar sal al die nasies byeenkom ter wille van die Naam van die Here, ter wille van Jerusalem. Hulle sal nie langer die verstoktheid van hulle bose harte volg nie.
18
In daardie dae sal die huis van Juda by die huis van Israel aansluit, en saam sal hulle uit 'n land in die noorde aankom in die land wat Ek vir hulle voorouers as erfenis gegee het.
19
“ En Ek, Ek het gedink: Hoe kan Ek jou tussen die seuns opneem, vir jou 'n begeerlike land gee – as erfenis die heel beste van die sierade van nasies. Ek het gedink: My Vader sal julle my noem, en van My nie wegdraai nie.
20
Maar soos 'n vrou verraderlik haar minnaar verlaat, so was julle verraderlik teenoor My, huis van Israel,” is die uitspraak van die Here.
21
'n Stem klink op langs die woestynpaaie: die gehuil, die smeekbedes van die Israeliete, want hulle het die pad byster geraak, hulle het die Here hulle God vergeet.
22
“Keer terug, afvallige kinders! Ek sal julle afvalligheid genees.” “Hier is ons, ons kom na U toe; want U is die Here ons God.
23
Waarlik, die geluide van die heuwels af, die gedreun by die berge, is sinsbedrog. Waarlik, by die Here ons God lê die verlossing van Israel.
24
Die skande het, van ons jeug af, verteer wat ons voorouers met moeite verwerf het: hulle kleinvee en beeste, hulle seuns en dogters.
25
In ons skaamte wil ons gaan lê; ons vernedering moet ons bedek, want teen die Here ons God het ons gesondig – ons en ons voorouers – van ons jeug af tot vandag toe. Ons het nie geluister na die stem van die Here ons God nie.
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 4 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52