bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Numbers 1
Numbers 1
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 2 →
1
Die Here het met Moses gepraat in die Sinai-woestyn in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Dit was op die eerste dag van die tweede maand nadat die Israeliete uit Egipte gekom het. Die Here het gesê:
2
“Julle moet al die mense van die volk Israel tel. Julle moet elkeen se naam in 'n boek skryf, en julle moet ook skryf van wie se nageslag hy is en aan watter familie hy behoort.
3
Moses, jy en Aäron moet dit doen. Julle moet in die boek die naam skryf van elke man wat 20 jaar of ouer is, elkeen wat oorlog kan maak, en ook by watter groep van die leër hy moet wees.
4
Een persoon van elke stam, 'n familiehoof, moet vir julle help.
5
Hier is die name van die persone wat vir julle moet help: “Van die stam Ruben: Elisur seun van Sedeür,
6
van Simeon: Selumiël seun van Suri-Saddai,
7
van Juda: Nagson seun van Amminadab,
8
van Issaskar: Netanel seun van Suar,
9
van Sebulon: Eliab seun van Gelon,
10
van die nageslag van Josef, van Efraim: Elisama seun van Ammihud, van Manasse: Gamliël seun van Pedasur,
11
van Benjamin: Abidan seun van Gidoni,
12
van Dan: Agiëser seun van Ammi-Saddai,
13
van Aser: Pagiël seun van Okran,
14
van Gad: Eljasaf seun van Deüel,
15
van Naftali: Agira seun van Enan.
16
“Ek het hierdie stamhoofde uit die volksvergadering gekies. Hulle is die hoofde van die groepe in die leër van Israel.”
17
Nadat die Here hierdie manne gekies het, het Moses en Aäron hulle geneem
18
en die hele volksvergadering laat bymekaarkom op die eerste dag van die tweede maand. Elke man wat 20 jaar of ouer was, moes sê van wie se nageslag hy is en aan watter familie hy behoort.
19
Dit was wat die Here vir Moses gesê het, en Moses het in die Sinai-woestyn hulle name in die boek geskryf.
20
[20-46] Moses en Aäron en die twaalf leiers het die manne getel wat 20 jaar of ouer was, elkeen wat oorlog kon maak. Hulle het opgeskryf van wie se nageslag elke persoon is, aan watter familie hy behoort en by watter groep van die leër hy moet wees. Hier is die getalle van die manne van die nageslag van die stamvaders: Ruben, die oudste seun van Israel: 46 500 manne Simeon: 59 300 Gad: 45 650 Juda: 74 600 Issaskar: 54 400 Sebulon: 57 400 Efraim seun van Josef: 40 500 Manasse seun van Josef: 32 200 Benjamin: 35 400 Dan: 62 700 Aser: 41 500 Naftali: 53 400 Almal saam: 603 550 manne.
21
***
22
***
23
***
24
***
25
***
26
***
27
***
28
***
29
***
30
***
31
***
32
***
33
***
34
***
35
***
36
***
37
***
38
***
39
***
40
***
41
***
42
***
43
***
44
***
45
***
46
***
47
Moses-hulle het nie die manne van die Levi-stam saam met die ander Israeliete getel nie.
48
Die Here het vir Moses gesê:
49
“Jy moenie die name van die Leviete in hierdie boek skryf nie, jy moet hulle nie saam met die ander Israeliete tel nie.
50
Jy self moet vir die Leviete sê wat hulle moet doen. Hulle moet sorg vir die tempel-tent. Die kis waarin die tien gebooie is, is in die tempel-tent. Hulle moet ook sorg vir al die stukke wat by die tempel-tent moet wees. Hulle moet die tempel-tent dra en daarmee werk en hulle moet hulle tente rondom die tempel-tent opslaan.
51
Wanneer hulle die tempel-tent na 'n ander plek moet neem, dan moet die Leviete dit afslaan, en wanneer die tempel-tent op 'n nuwe plek moet staan, dan moet die Leviete dit opslaan. Wanneer 'n ander persoon naby die tempel-tent kom, dan moet julle hom doodmaak.
52
Elke stam van Israel moet hulle tente opslaan op hulle eie plek en by hulle eie vlag in hulle groepe.
53
Maar die Leviete moet hulle tente opslaan rondom die tent waarin die kis en die tien gebooie is. Hulle moet dit doen sodat die Here nie kwaad word en die volk Israel straf nie. Die Leviete moet werk met die tent. Die kis waarin die tien gebooie is, is in die tent.”
54
Die Israeliete het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het, hulle het dit presies so gedoen.
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 2 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36