bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Numbers 24
Numbers 24
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 23
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 25 →
1
Bileam het nou geweet dat die Here wil hê hy moet die Israeliete seën, en hy het nie soos voorheen gesoek na 'n teken nie. Hy het na die woestyn gekyk
2
en toe hy sien dat elke stam van Israel op sy eie plek langs die ander stamme woon, het die Gees van God in hom gekom
3
en hy het begin praat. Hy het gesê: “Dit is Bileam seun van Beor wat praat, God wys vir my dinge.
4
Ek is 'n man wat hoor wat God vir my sê, en wat sien wat die Almagtige vir my wys. Wanneer ek gaan lê en ek bid, dan wys God vir my dinge.
5
Israeliete, julle tente is baie mooi, julle woonplekke is mooi.
6
Hulle lyk soos lang valleie, soos tuine langs 'n rivier, soos aalwyne wat die Here geplant het, soos sederbome langs die water.
7
Die Israeliete se waterkruike loop oor, hulle saai koring by baie water. Hulle koning is sterker as koning Agag, en hulle land word altyd groter.
8
God het hulle uit Egipte gebring, Hy is vir hulle soos die horings van 'n oer-os. Hulle sal die volke oorwin wat hulle vyande is, hulle sal die vyande se bene breek en hulle sal die vyande met pyl en boog skiet.
9
Die Israeliete is soos 'n leeu. Wie sal 'n leeu opjaag as hy gaan lê het? Israeliete, die Here seën die mense wat vir julle seën, en Hy vervloek die mense wat vir julle vervloek.”
10
Balak was baie kwaad vir Bileam. Hy het sy hande teen mekaar geslaan en hy het vir Bileam gesê: “Ek het jou laat roep om my vyande te vervloek, maar jy het hulle nou drie maal geseën.
11
Nou moet jy loop, terug na jou plek. Ek het gesê ek sal jou baie ryk maak, maar die Here het dit gekeer, jy sal nie ryk word nie.”
12
Bileam het vir Balak gesê: “Jy het jou boodskappers na my toe gestuur. Ek het vir hulle gesê:
13
‘Ek moet altyd doen wat die Here vir my sê, ook as Balak vir my sy huis vol silwer en goud gee. Ek kan niks self besluit nie, nie goed of sleg nie. Ek sal net sê wat die Here vir my sê.’
14
Nou gaan ek terug na my mense toe. Maar ek sal nou vir jou sê wat hierdie volk eendag aan jou volk sal doen.”
15
Bileam het toe begin praat en gesê: “Dit is Bileam seun van Beor wat praat, God wys vir my dinge.
16
Ek is 'n man wat gehoor het wat God vir my sê, wat weet wat die Hoogste God vir my leer, wat sien wat die Almagtige vir my wys. Wanneer ek gaan lê en ek bid, dan wys God vir my dinge.
17
Ek sien iemand kom, maar nie nou nie, Ek sien hom, maar hy is nie naby nie. Daar sal 'n ster uit die volk Israel kom, 'n koning sal uit die Israeliete kom, en hy sal trap op die grense van die land Moab, hy sal die nageslag van Set verwoes.
18
Die Israeliete sal die land Edom vir hulleself vat, die land Seïr sal behoort aan die vyande van die land. Maar Israel sal 'n sterk volk wees.
19
Iemand van die nageslag van Jakob sal regeer, en hy sal die mense doodmaak wat wegvlug uit die stad Ir.”
20
Toe kyk Bileam na die Amalekiete, en hy begin weer praat en hy sê: “Die Amalekiete was die belangrikste volk, maar eendag sal hulle vir altyd verdwyn.”
21
Toe kyk hy na die Keniete, en hy begin praat en hy sê: “Julle het 'n plek waar julle altyd woon, julle woon op 'n rots,
22
maar wanneer die Assiriërs julle vang en wegvat, dan sal hulle die woonplek van Kain verbrand.”
23
Bileam het weer begin praat. Hy het gesê: “Wie sal kan lewe wanneer God al hierdie dinge laat gebeur? Niemand. Dit sal sleg gaan met julle.
24
Daar sal skepe van die Kittiërs kom, en hulle sal die Assiriërs en die Hebreërs oorwin, maar die skepe sal self sink vir altyd.”
25
Daarna het Bileam gereedgemaak en hy het teruggegaan na sy plek, en Balak het ook huis toe gegaan.
← Chapter 23
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 25 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36