bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Ezekiel 25
Ezekiel 25
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 24
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 26 →
1
Die Here het toe weer met my gepraat en vir my gesê:
2
“Mens, kyk na daardie kant toe waar die mense van Ammon woon. En sê vir daardie land en sy inwoners alles wat Ek vir jou sê.
3
Sê vir die mense van Ammon die Here, Esegiël se God, dink só oor hulle: Julle het gelag en gespot toe my huis afgebreek is. En julle het Israel gespot toe sy deur haar vyande verwoes is. Julle het gelag toe party van die mense van Juda as gevangenes na ’n vreemde land toe weggevat is.
4
Daarom beveel Ek nou dat die mense wat in die woestyne daar aan die oostekant bly julle land inneem. Hulle sal tussen julle dorpe en stede kom kamp opslaan. En hulle sal julle oeste afvat en julle skape en beeste steel.
5
Daardie dag sal Ek Rabba, julle hoofstad, ’n stuk oop veld maak waar kamele kan wei. En die ander stede sal verwoes word sodat skape daar kan wei. Daardie dag sal julle erken dat Ek die Here is.”
6
Die Here, Esegiël se God, sê: “Julle het hande geklap en gedans en van vreugde uitgeroep omdat my volk vernietig is.
7
Daarom lig Ek my vuis teen julle op en slaan julle plat. Ek gee julle as buit vir ander nasies om mee te maak wat hulle wil. Julle sal nie meer ’n nasie wees nie. Ek vernietig julle heeltemal. Dan sal julle weet en erken dat Ek die Here is.”
8
Toe sê die Here, die God van Esegiël: “Die mense van Moab het gesê Juda is maar net soos al die ander nasies. Daar is geen verskil tussen my volk en die heidene nie.
9
Daarom sal Ek al die stede aan julle oostekant en op julle grens vernietig, want julle het gedink dat daardie stede julle sal beskerm.
10
Ek gee julle land vir die inwoners van die woestyn aan die oostekant, nes Ek met Ammon gemaak het. Daarom sal die Ammoniete nie langer ’n nasie wees nie.
11
En julle sal ook nie langer as ’n nasie bestaan nie, want Ek vernietig julle. Ek straf julle vir wat julle gedoen het. Dan sal julle weet en erken dat Ek die Here is.”
12
So sê die Here, Esegiël se God: “Die mense van Edom het sleg opgetree toe hulle wraak geneem het op die mense van Juda, toe die Babiloniërs die mense van Juda verslaan het.
13
“Daarom,” sê die Here, die God van Esegiël, “gryp Ek Edom aan sy keel. Ek slaan hom met die vuis. Ek roei sy mense uit, en sy vee. Ek stuur die swaard teen die land. Daar sal net een groot puinhoop oorbly, van die noorde van die land af tot in die suide.
14
En Ek sal my volk, Israel, gebruik om dit te doen. Hulle sal wraak neem op die mense van Edom omdat Ek Edom straf vir sy slegte dade. Daardie dag sal Edom weet dat dit Ek is wat dit gedoen het. Dit is Ek, die Here, die God van Esegiël, wat gepraat het.”
15
Toe het die Here, die God van Esegiël, verder gepraat: “Die Filistyne het lelik met Juda gemaak. Hulle wou Israel vernietig omdat hulle al jare lank vir hulle kwaad is.
16
Daarom gaan Ek, die Here, Esegiël se God, die Filistyne gryp en hulle met die vuis bykom. Ek gaan hulle heeltemal uitroei. Ja, Ek gaan hierdie mense wat langs die see woon, heeltemal verwoes.
17
Ek gaan my wraak oor hulle uitstort en Ek gaan hulle straf soos hulle verdien. Wanneer Ek dit gedoen het, sal die Filistyne weet dat Ek die Here is.”
← Chapter 24
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 26 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48