bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Ezekiel 9
Ezekiel 9
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 8
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 10 →
1
Toe het ek die Here met ’n harde stem hoor roep: “Laat kom die manne wat Ek gekies het om die stad te straf! Sê vir hulle dat hulle hulle wapens moet saambring!”
2
Onmiddellik het ses manne van die buitenste hek van die huis van die Here, daar van die noordekant af nader gekom. Elkeen het baie gevaarlike wapens in sy hande gehad. Tussen hulle was daar nog een man wat klere aangehad het soos iemand wat in die huis van die Here diens doen. Hy het ’n pen en ’n boek by hom gehad. Al sewe van hulle het tot by die altaar gestap wat van brons was daar in die huis van die Here.
3
Toe het die Here Homself kom wys, dit was daar van agter die digte gordyn af wat in die huis van die Here is. Die Here het toe na sy huis se ingang gegaan. Die Here roep toe na die man wat in sy huis diens doen en wat die pen en boek by hom het.
4
Die Here sê toe vir hom: “Stap deur die strate van die stad. Maak met jou pen ’n merk op die voorkop van almal wat hartseer is en wat huil oor die sondes wat hulle heeldag rondom hulle sien.”
5
Toe hoor ek hoe die Here vir die ses ander manne sê: “Volg hierdie man soos hy deur die stad stap en maak elkeen dood wat nie deur hom op die voorkop gemerk word nie. Julle mag niemand oorslaan nie. Julle mag nie een jammer kry nie.
6
Maak die laaste een dood, of hy oud of jonk is, ’n meisie of ’n vrou of klein kindertjies. Die enigstes aan wie julle niks mag doen nie, is die mense wat deur hierdie man gemerk is. Begin sommer hier as julle by my huis uitstap.” Die manne het toe dadelik die 70 leiers doodgemaak wat voor vreemde afgode offers gebring het.
7
“Maak my huis onheilig; sorg dat niemand hier enige godsdienstige aktiwiteite kan verrig nie,” het die Here toe beveel. “Maak die area rondom my huis vol van die lyke van mense wat deur julle doodgemaak is! Gaan nou!” Die manne het toe deur die stad gegaan en presies gedoen soos die Here hulle beveel het om te doen.
8
Ek het gesien hoe hulle die opdrag uitvoer. Ek was alleen. Toe het ek met my gesig op die grond voor die Here neergeval en gepleit: “Ag, Here my God, gaan U almal in Israel doodmaak omdat U woedend is oor Jerusalem se slegte dade?”
9
Toe sê Hy vir my: “Die slegte dade van die mense van Israel en Juda het by die dag net al hoe meer geword. Hulle hele land is vol moorde wat gepleeg is. Die hele stad is vol slegte dade. En dan sê die mense so ewe: ‘Die Here sien mos nie wat ons doen nie! Die Here is nie meer in hierdie land nie. Hy is weggevoer saam met die gevangenes wat uit die stad na ’n vreemde land geneem is!’
10
Daarom gaan Ek nie een van hulle spaar nie. Ek gaan niemand jammer kry nie. Ek gaan hulle terugbetaal vir al die slegte dade wat hulle gedoen het.”
11
Hierna het ek die man sien terugkom wat in die huis van die Here diens doen en wat ’n pen en ’n boek gedra het. Hy het kom sê: “Ek het alles gedoen wat U gesê het ek moet doen.”
← Chapter 8
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 10 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48