bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Ezekiel 35
Ezekiel 35
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 34
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 36 →
1
Die Here het toe weer met my gepraat.
2
“Mens, kyk in die rigting van die berg Seïr. Dit is die land waar die mense van Edom bly. Sê vir hierdie mense die Here, die God van Esegiël, dink só oor hulle.
3
Jy moet vir hulle sê: Ek is jou vyand, Seïrberg. En Ek is ’n gedugte vyand! Ek slaan jou met die vuis tot daar niks van jou oorbly nie.
4
Ek vee jou stede plat. Ek maak jou land ’n woestyn waarin niks kan lewe nie. Dan sal jy weet dat Ek die Here is.
5
Want jy het nie opgehou om my volk, Israel, te haat nie. Toe hulle vyande hulle agtervolg het, het julle vir hulle gelê en wag. Julle het hulle voor die voet doodgemaak. Jy het dit gedoen aan hulpelose, desperate mense. Ek het my volk gestraf oor hulle slegte dade. En toe Ek klaar was daarmee, het jy aangehou om hulle dood te maak.
6
So seker as wat Ek leef,” sê die Here, die God van Esegiël, “Ek maak julle dood. Julle het nie geskrik vir die mense van Israel se bloed nie. Julle sal julle eie bloed sien spat. Dis nou julle beurt om doodgemaak te word!
7
Die Seïrberg sal ’n woestyn word. Ek maak elkeen dood wat dink hy kan ontsnap. En elkeen wat wil terugkom, maak Ek ook dood.
8
Jou berge sal vol lyke lê. Waar jy kyk, op die heuwels en in die valleie en langs die riviere, sal daar net lyke wees.
9
Ja, Ek maak jou ’n woestyn, vir altyd. Niemand sal jou stede herbou nie. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is.
10
“Julle het mos gesê: ‘Israel en Juda is nou uit hulle lande verdryf. Hulle is gevangenes in ver lande. Hulle lande word nou ons eiendom. Wat maak dit saak dat die Here daar is? Ons steur ons nie aan Hom nie!’
11
“So seker as wat Ek leef,” sê die Here, die God van Esegiël, “luister mooi: Ek betaal jou met gelyke munt terug vir wat jy gedoen het. Jy het Israel gehaat. Jy het hom sleg behandel. Ek straf jou daarom vir die slegte dade wat jy gedoen het omdat jy kwaad was vir my volk. Die dag as Ek jou straf, sal jy weet wie Ek is.
12
Dan sal jy agterkom dat Ek elke woord gehoor het wat jy gesê het. Jy het mos na die berge van Israel gekyk en gesê: ‘Hulle is platgevee. Kom ons gaan en verwoes die land verder!’
13
“Jou mond was groot oor wat jy alles gaan doen. Min het jy geweet Ek het alles gehoor wat jy sê!”
14
Daarom sê die Here, Esegiël se God, nou vir jou: “Die hele wêreld sal hande klap en skree, so bly sal hulle wees as Ek jou platvee en jou ’n woestyn maak.
15
Jy het mos hande geklap, so bly was jy toe Israel se land verwoes is. Nou doen Ek presies dieselfde met jou. Niemand sal meer in jou land kan bly nie, want dit sal ’n woestyn word. Ek vee die mense wat op die Seïrberg bly en al die mense wat in Edom bly, van die aarde af. Daardie dag sal jy erken dat Ek die Here is.”
← Chapter 34
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 36 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48