bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Ezekiel 25
Ezekiel 25
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 24
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 26 →
1
Die woord van die Here het tot my gekom:
2
“Mensekind, draai jou gesig na die Ammoniete en profeteer teen hulle.
3
Jy moet vir die Ammoniete sê, ‘Hoor die woord van my Heer, die Here: So sê my Heer, die Here: “Omdat jy, Ammon, ‘Aha!’ gesê het vir my heiligdom toe dit ontheilig is, vir die land Israel toe dit verwoes is, vir die huis van Juda toe hulle in ballingskap gegaan het,
4
daarom, kyk, Ek gaan jou aan mense uit die ooste as eiendom gee. Hulle sal hulle kampe in jou oprig, in jou hulle woonplekke vestig. Dit is hulle wat jou vrugte sal eet; dit is hulle wat jou melk sal drink.
5
Ek sal Rabba 'n weiveld vir kamele maak, by die Ammoniete 'n lêplek vir kleinvee inrig. Julle sal besef dat Ek die Here is.”
6
“ ‘Ja, so sê my Heer, die Here: “Omdat jy jou hande geklap en jou voete gestamp het, en innerlike vreugde gevind het in jou veragting vir die land Israel,
7
daarom, kyk, “Ek strek my hand teen jou uit; Ek gee jou as 'n buit aan die nasies; Ek roei jou uit onder die volke; Ek laat jou verdwyn uit die lande; Ek delg jou uit. Jy sal besef dat Ek die Here is.” ’ ”
8
“ ‘So sê my Heer, die Here: “Omdat Moab en Seïr sê, ‘Kyk, soos al die nasies, so is die huis van Juda ook maar’,
9
daarom, kyk, Ek gaan die berghange van Moab blootstel, van die stede af, al sy stede tot die laaste een toe, die sieraad van die land, Bet-Jesimot, Baäl-Meon, ja, tot by Kirjatajim.
10
Aan mense uit die ooste sal Ek die land as eiendom gee saam met die Ammoniete, sodat daar onder die nasies nie meer aan die Ammoniete gedink sal word nie.
11
So sal Ek oor Moab oordele voltrek. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.” ’ ”
12
“ ‘So sê my Heer, die Here: “Omdat Edom met wraaksug opgetree het teen die huis van Juda, hulle volledig skuldig gemaak het deur op hulle wraak te neem,
13
daarom,” so sê my Heer, die Here, “strek Ek my hand uit teen Edom. Ek sal mens en dier daaruit uitroei. Ek sal die land 'n puinhoop maak van Teman af tot by Dedan, en deur die swaard sal hulle val.
14
Ek sal my wraak op Edom uitoefen deur die hand van my volk Israel. Hulle sal teen Edom optree ooreenkomstig my toorn en my woede. Edom sal my wraak leer ken.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ”
15
“ ‘So sê my Heer, die Here: “Omdat die Filistyne met wraak opgetree het, hulle met sielsveragting gewreek het, met die doel om te verwoes, op grond van 'n ewigdurende vyandskap,
16
daarom,” so sê my Heer, die Here, “kyk, Ek strek my hand uit teen die Filistyne; Ek gaan hierdie mense van Kreta uitroei. Ek gaan dié wat oorgebly het uit die kusvlakte vernietig.
17
Ek gaan teen hulle optree met verskriklike wraak, hulle met woede straf. Hulle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek my wraak oor hulle bring.” ’ ”
← Chapter 24
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 26 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48