bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Ezekiel 5
Ezekiel 5
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 4
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 6 →
1
“En jy, mensekind, neem vir jou 'n skerp swaard en gebruik dit soos 'n skeermes. Skeer daarmee jou hare en jou baard. Neem dan vir jou 'n weegskaal en verdeel die hare.
2
Een derde moet jy binne die stad verbrand sodra die tyd van die beleg verby is, een derde moet jy neem en met die swaard fynkap al om die stad, en een derde moet jy in die wind uitstrooi. Met ontblote swaard sal Ek dit agtervolg.
3
Jy moet 'n klein bietjie daarvan neem en dit in die soom van jou bokleed toevou;
4
en daarvan moet jy nog neem en dit in die vuur gooi; jy moet dit verbrand. Daarvan sal daar 'n vuur uitgaan na die hele huis van Israel. ”
5
So sê my Heer, die Here: “Dit is Jerusalem. Tussen die nasies het Ek haar geplaas, met ander lande reg rondom haar.
6
Maar sy het in opstand gekom teen my bepalings, en teen my vaste voorskrifte, om sodoende meer goddeloos te wees as die nasies, as die lande wat rondom haar is. Ja, haar inwoners het my bepalings verwerp, en my vaste voorskrifte het hulle nie gevolg nie.
7
“Daarom,” so sê my Heer, die Here, “omdat julle nog meer in verset was as die nasies rondom julle, my vaste voorskrifte nie gevolg het nie, my bepalings nie uitgevoer het nie, maar die gebruike van die nasies rondom julle nagevolg het,
8
daarom,” so sê my Heer, die Here, “is dit Ek teen jou, Jerusalem – ja, Ek! Ek sal in jou midde, voor die oë van die nasies die vonnisse voltrek.
9
Oor al jou afstootlike dade sal Ek in jou doen wat Ek nog nooit gedoen het nie, en so iets sal Ek nooit weer doen nie.
10
Daarom dan, ouers sal binne jou kinders eet, en kinders sal hulle ouers eet. Ek sal teen jou die vonnisse voltrek. Ek sal almal wat in jou oor is, in al die windrigtings uitstrooi.
11
Daarom, so seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “omdat jy my heiligdom verontreinig het met al jou verfoeilike afgode, met al jou afstootlike dade, gaan Ek ook 'n skeermes inlê. Ek sal nie 'n traan stort nie. Ek sal geen deernis hê nie.
12
Een derde van jou inwoners sal van die epidemie sterf of in jou van honger omkom; een derde sal deur die swaard val rondom jou; een derde sal Ek in alle windrigtings uitstrooi, en met ontblote swaard sal Ek hulle agtervolg.
13
Dan sal my toorn uitgewoed wees; Ek sal my woede teen hulle tot bedaring bring, en Ek sal berusting vind. Hulle sal besef dat Ek, die Here, hulle in my heilige jaloesie aangespreek het toe Ek my woede op hulle laat uitwoed het.
14
“Ek sal jou 'n puinhoop maak, 'n bespotting van die nasies rondom jou, ten aanskoue van elke verbyganger.
15
Jy sal 'n voorwerp van spot en hoon wees, 'n waarskuwing en verskrikking vir die nasies rondom jou, wanneer Ek in toorn en woede en met woedende bestraffings die vonnisse teen jou voltrek. Ek, die Here, het gepraat.
16
Dit sal gebeur wanneer Ek die dodelike pyle van hongersnood wat verwoesting saai op julle afskiet – die pyle wat Ek afskiet om julle uit te delg. Ek sal die hongersnood teen julle nog erger maak; Ek sal julle broodstok breek.
17
Ek sal teen julle hongersnood en ongediertes stuur, en hulle sal jou, Jerusalem, kinderloos maak. 'n Epidemie en bloedvergieting sal jou oorweldig, en 'n swaard sal Ek teen jou bring. Ek, die Here, het gepraat.”
← Chapter 4
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 6 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48