bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Ezekiel 35
Ezekiel 35
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 34
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 36 →
1
Die woord van die Here het tot my gekom:
2
“Mensekind, draai jou gesig na die berg Seïr en profeteer teen hom;
3
sê vir hom, ‘So sê my Heer, die Here: “Dit is Ek teen jou, berg Seïr! Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou 'n woesteny, 'n afgryslike plek maak.
4
Jou dorpe sal Ek puinhope maak; en jy, jy sal verlate wees. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.
5
Omdat jy 'n ewigdurende vyandskap koester, en jy die Israeliete oorgelewer het aan die snykante van die swaard in die tyd van hulle teenspoed, in die tyd van finale straf,
6
daarom, so seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “aan bloedskuld sal Ek jou beslis onderwerp, en bloedskuld sal jou agtervolg. Jy het nie 'n weersin gehad in bloedskuld nie, en bloedskuld sal jou agtervolg.”
7
“ ‘ “Ek sal die berg Seïr 'n woesteny, 'n afgryslike plek maak; Ek sal hulle wat daar verbytrek en terugkeer, uitroei.
8
Ek sal sy berge vol van sy gesneuweldes maak. Op jou heuwels, in jou valleie, in al jou stroombeddings – daar sal dié wat gesneuwel het deur die swaard, val.
9
'n Ewige woesteny maak Ek jou; jou dorpe sal nie bewoon word nie, en julle sal besef dat Ek die Here is.
10
Omdat jy gesê het, ‘Die twee nasies en die twee lande behoort aan my, en ons gaan dit in besit neem,’ – alhoewel die Here daar was –
11
daarom, so seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “Ek sal optree in ooreenstemming met jou toorn en afguns waarmee jy uit haat teen hulle opgetree het. Ek sal Myself aan hulle bekend maak wanneer Ek jou oordeel.
12
Jy sal besef dat Ek die Here is. Ek het al jou beledigings gehoor wat jy uitgespreek het teen die berge van Israel, deur te sê, ‘Hulle lê verlate – aan ons is hulle as voedsel gegee.’
13
“ ‘ “Julle het julle groot gehou teen My met al julle gepraat; julle het julle woorde teen My net te veel gemaak. Ek self het dit gehoor.”
14
So sê my Heer, die Here: “Terwyl die hele aarde verheug is, maak Ek van jou 'n woesteny.
15
Soos wat jy vreugde ervaar oor die erfgrond van die huis van Israel omdat dit verlate lê, só sal Ek met jou maak: Jy sal verlate lê, berg van Seïr, ja, die hele Edom. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.” ’ ”
← Chapter 34
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 36 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48