bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Ezekiel 47
Ezekiel 47
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 46
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 48 →
1
Die man het my teruggeneem na die ingang van die •tempel. Kyk, water het onder die drumpel van die tempel uitgestroom aan die oostekant, die voorkant van die tempel was immers aan die oostekant. Die water het onder die tempel uit, aan die regterkant, suid van die altaar, afgevloei.
2
Hy het my deur die noordelike poort uitgeneem en my buite-om laat gaan na die buitepoort wat oos front. Kyk, water het uitgeborrel aan die regterkant.
3
Toe die man in 'n oostelike rigting wegstap, was daar 'n maatlyn in sy hand. Hy het duisend el afgemeet en my die water laat oorsteek – water wat enkeldiep was.
4
Hy het nog 'n duisend afgemeet en my die water laat oorsteek – water wat kniediep was. Hy het duisend el afgemeet en my laat oorsteek – water wat heupdiep was.
5
Hy het nog 'n duisend afgemeet – 'n stroom wat ek nie kon oorsteek nie. Ja, die water het gestyg – water waarin 'n mens kon swem, 'n stroom wat nie oorgesteek kon word nie.
6
Hy het vir my gevra: “Sien jy dit, mensekind?” Hy het my weer na die stroom se wal laat terugkeer.
7
Toe ek weer terug is daar, kyk, toe is daar op die stroom se walle 'n groot aantal bome, aan albei kante.
8
Die man sê toe vir my: “Hierdie water vloei weg na die oostelike streek, en loop dan af na die Araba, en kom by die see uit. In die see waar dit uitvloei, word die water vars.
9
Daar sal allerhande lewende wesens wees wat krioel – oral waar die stroom kom, sal hulle leef; en daar sal groot hoeveelhede vis wees. Want waar hierdie water kom, sal die soutwater vars word. Alles sal leef waar die stroom kom.
10
Daar sal vissers langs die see staan, van En-Gedi af tot by En-Eglajim. Daar sal droogmaakplekke vir sleepnette wees. Daar sal geweldig baie soorte vis wees, net soos die vis in die Groot See.
11
“Sy moerasse en kuile sal egter nie vars word nie; vir soutontginning is dit bestem.
12
Aan weerskante van die stroom, op sy walle, sal allerhande vrugtebome groei. Hulle blare sal nie verwelk nie, en hulle vrugte sal nie opraak nie. Elke maand sal hulle nuwe vrugte dra, want dit is uit die heiligdom wat hulle water vloei. Hulle vrugte sal as voedsel dien en hulle blare tot genesing.”
13
So sê my Heer, die Here: “Dit is die grense waarbinne julle die land moet vererf aan die twaalf stamme van Israel. Josef kry twee afgemete dele.
14
Julle moet dit as erfdeel neem, elkeen met dieselfde grootte uit die land waaroor Ek my hand opgehef het om dit aan julle voorvaders te gee. Hierdie land word aan julle toegewys as erfdeel.
15
“Dit is dan die grense van die land: Aan die noordekant is dit vanaf die Groot See met die pad na Getlon, Lebo-Hamat, Sedad,
16
Berota, Sibrajim, wat tussen die gebiede van Damaskus en Hamat lê, en Gaser-Enon wat op die grens van Gauran lê.
17
Die grens is vanaf die see tot by Gaser-Enon, aan die grens van Damaskus. Die noordelikste punt is die grens by Hamat. Dit is die noordekant.
18
Aan die oostekant is dit vanaf 'n punt tussen Gauran en Damaskus; en tussen Gilead en die land Israel vorm die Jordaan die grens na die Oostelike See tot by Tamar. Dit is die oosgrens.
19
Aan die suidekant is dit suidwaarts vanaf Tamar tot by die water van Meriba-Kades en met die Spruit na die Groot See. Dit is die suidgrens aan die suidekant.
20
Aan die westekant vorm die Groot See die grens tot by 'n punt regoor Lebo-Hamat. Dit is die wesgrens.”
21
“Julle moet hierdie land onder julle verdeel, onder die stamme van Israel.
22
Dit moet so gebeur: Julle moet dit as erfdeel aan julleself toewys en aan die •vreemdelinge wat tydelike verblyf tussen julle het en kinders verwek het by julle. Hulle geld vir julle as gebore Israeliete, as deel van die Israeliete. Saam met julle moet 'n erfdeel aan hulle toegewys word tussen die stamme van Israel.
23
By die stam waar die vreemdeling tydelike verblyf het, daar moet julle hom sy erfdeel gee.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.
← Chapter 46
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 48 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48