bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Jeremiah 1
Jeremiah 1
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 2 →
1
Die dinge wat Jeremia gesê en gedoen het. Jeremia was 'n seun van Gilkija, een van die priesters in die stad Anatot, in die land Benjamin.
2
Die Here het met Jeremia gepraat in die tyd toe Josia seun van Amon koning was in Juda. Dit was in die dertiende jaar nadat Josia koning geword het.
3
Die Here het ook met Jeremia gepraat in die tyd toe Josia se seun Jojakim koning was in Juda, en die Here het met Jeremia gepraat tot die einde van die elfde jaar nadat Josia se seun Sedekia koning geword het in Juda. In die vyfde maand van daardie jaar het vyande die mense van Jerusalem oorwin en weggevat na 'n ander land.
4
Die Here het vir my gesê:
5
“Ek het jou gekies voordat Ek jou gemaak het. Ek het jou gewy aan My voordat jy gebore is, Ek het jou aangestel om 'n profeet vir die volke te wees.”
6
Maar ek het gesê: “Ag, Here, my Here, ek kan nog nie goed praat nie, want ek is 'n kind.”
7
Toe sê die Here vir my: “Jy moenie sê jy is 'n kind nie, want Ek stuur jou na mense toe, en jy moet na hulle almal toe gaan en jy moet alles sê wat Ek vir jou sê.
8
Jy moenie bang wees vir die mense nie, want Ek sal by jou wees om jou te red.” Dit is wat die Here gesê het.
9
Toe het Hy sy hand uitgesteek en aan my mond geraak en vir my gesê: “Kyk, Ek sê vir jou wat jy moet sê.
10
Jy moet dit weet, Ek kies jou vandag en Ek sê vir jou wat om te doen met volke en lande: Jy moet uitruk en afbreek, jy moet doodmaak en verwoes, jy moet bou en plant.”
11
Die Here het vir my gevra: “Jeremia, wat sien jy?” en ek het gesê: “Ek sien 'n tak van 'n wakkerboom.”
12
Toe sê die Here vir my: “Jy het reg gesien, want Ek bly wakker om te doen wat Ek gesê het.”
13
Die Here het 'n tweede maal met my gepraat en gevra: “Wat sien jy?” en ek het gesê: “Ek sien in die noorde 'n pot wat kook, dit kook oor hiernatoe.”
14
Toe sê die Here vir my: “Ek sal uit die noorde iets laat gebeur. Dit sal almal laat swaarkry wat in hierdie land woon.
15
Ja, Ek roep nou al die konings van die lande in die noorde. Hulle sal kom, en elkeen sal sy troon neersit voor die poorte van Jerusalem, Jerusalem met sy sterk mure. Hulle sal begin om die mense van Jerusalem te oordeel en te straf, en ook die mense van die stede van Juda.
16
So sal Ek die mense in die land oordeel en straf oor al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het. Hulle het opgehou om My te dien. Hulle het wierook-offers gebring vir ander gode en hulle het beelde aanbid wat hulle self gemaak het.”
17
“Jeremia, jy moet nou begin, jy moet gereedmaak en vir die mense alles sê wat Ek vir jou sê. Jy moenie vir hulle skrik nie, want dan sal Ek jou baie meer laat skrik vir hulle.
18
Wat Ek sal doen, is dit: Ek maak jou vandag sterk, so sterk soos 'n stad wat sterk mure het, soos 'n ysterpilaar en 'n muur van brons. Jy sal sterk wees teen die hele land, teen die konings, teen die amptenare en priesters van Juda, en teen al die belangrike mense in die land.
19
Hulle sal met jou baklei, maar hulle sal jou nie wen nie, want Ek is by jou om jou te red.” Dit is wat die Here gesê het.
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 2 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52