bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Jeremiah 28
Jeremiah 28
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 27
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 29 →
1
Die profeet Gananja seun van Assur, van die stad Gibeon, het in dieselfde jaar met my in die tempel gepraat. Dit was in die vierde jaar nadat Sedekia koning van Juda geword het, in die vyfde maand. Die priesters en al die mense het dit gehoor. Gananja het gesê:
2
“Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Ek sal die juk van die koning van Babel breek.
3
Voordat twee jaar verby is, sal Ek al die tempel-gereedskap terugbring wat koning Nebukadnesar weggevat het na Babel, Ek sal dit terugbring na hierdie plek.
4
En Ek sal ook vir Jojagin seun van Jojakim, koning van Juda, en almal wat uit Juda na Babel moes gaan, terugbring na hierdie plek. Ja, Ek sal die juk van die koning van Babel breek. Dit het die Here gesê.”
5
Die profeet Jeremia het die profeet Gananja geantwoord. Die priesters en al die mense wat in die tempel gewerk het, het dit gehoor.
6
Die profeet Jeremia het gesê: “Ek wens jy was reg. Ek wens die Here doen wat jy gesê het. Ek wens die boodskap wat jy gebring het, was waar, sodat die tempel-gereedskap kan terugkom na hierdie plek en ook die mense wat na Babel moes gaan.
7
Maar luister eers wat ek vir jou en vir al die mense sê:
8
Die profete wat lank voor my en jou gelewe het, het boodskappe gebring oor baie en belangrike lande. Hulle het gesê daar kom oorlog en die mense sal swaarkry en almal sal siek word en sterf van pes.
9
Maar wanneer 'n profeet 'n boodskap bring en hy sê daar sal vrede kom, dan moes die vrede eers kom en daarna het die mense geweet die Here het die profeet regtig gestuur.”
10
Toe haal die profeet Gananja die juk van die profeet Jeremia se nek af en hy breek dit,
11
en hy sê sodat al die mense hoor: “Die Here sê: So sal Ek ná twee jaar die juk van die koning van Babel afhaal van die nekke van al die volke en Ek sal dit breek.”
12
Die profeet Jeremia het toe geloop. Maar nadat die profeet Gananja die juk van die profeet Jeremia se nek afgehaal het en dit gebreek het, het die Here vir Jeremia gesê:
13
“Gaan sê vir Gananja: Die Here sê jy het die houtjuk gebreek, maar jy moet nou 'n yster-juk maak,
14
want die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Ek sit 'n yster-juk op die nek van al hierdie volke, hulle sal die slawe wees van die koning van Babel, en hulle sal vir hom werk. Ek gee ook al die wilde diere vir hom.”
15
Die profeet Jeremia het ook vir die profeet Gananja gesê: “Gananja, luister goed. Die Here het jou nie gestuur nie, maar jy het hierdie mense laat glo dat leuens hulle kan help.
16
Die Here sê: Omdat jy dit gedoen het, sal Ek jou wegvee van die aarde. Jy sal sterf voordat hierdie jaar verby is. Hoekom? Want jy het vir die mense gesê hulle moet opstandig wees teen die Here.”
17
Die profeet Gananja het in daardie jaar gesterf, in die sewende maand.
← Chapter 27
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 29 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52