bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Jeremiah 38
Jeremiah 38
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 37
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 39 →
1
Sefatja seun van Mattan, Gedalja seun van Pasgur, Jukal seun van Selemja en Pasgur seun van Malkija het gehoor wat Jeremia vir al die mense gesê het.
2
Jeremia het gesê: “Die Here sê: Elkeen wat in hierdie stad bly, sal sterf in die oorlog of van honger of van pes. Maar elkeen wat na die Galdeërs toe gaan, sal aanhou lewe. Hy sal niks anders hê nie, maar hy sal lewe.
3
Die Here sê: Ek gee hierdie stad vir die soldate van die koning van Babel. Hulle sal dit oorwin, dit is seker.”
4
Die amptenare het vir die koning gesê: “Asseblief, hierdie man moet sterf, want hy sê hierdie dinge en dit maak die manne moedeloos wat oorgebly het in die stad. Hy maak ook al die ander mense moedeloos. Hy wil nie hê dit moet goed gaan met hierdie mense nie, hy wil hê dit moet sleg gaan.”
5
Koning Sedekia het gesê: “Julle mag met Jeremia doen wat julle wil, ek kan julle nie stop nie.”
6
Toe het die amptenare vir Jeremia gevat en hulle het hom met toue in 'n put laat afsak. Die put het behoort aan Malkihu, die seun van die koning. Daar was nie water in die put nie, daar was modder, en Jeremia het in die modder ingesak.
7
Die Kussiet Ebed-Melek, 'n paleisbediende, het gehoor dat hulle vir Jeremia in die put gesit het. Die koning het in die Benjamin-poort gesit,
8
en Ebed-Melek het uit die paleis gegaan en vir die koning gaan sê:
9
“Meneer die koning, hierdie manne het 'n slegte ding gedoen met Jeremia. Hulle het hom in 'n put gegooi sodat hy daar van honger moet sterf, want daar is nie meer kos in die stad nie.”
10
Toe het die koning vir die Kussiet Ebed-Melek gesê: “Jy moet gaan en jy moet drie manne saam met jou neem. Julle moet vir Jeremia uit die put optrek voordat hy sterf.”
11
Ebed-Melek het die manne saamgeneem en hulle het ou, stukkende klere uit die stoorkamer van die paleis gevat. Hy het dit met toue laat afsak na Jeremia in die put.
12
Hy het vir Jeremia gesê: “Jy moet die lappe onder jou arms sit sodat die toue jou arms nie seermaak nie.”
13
Jeremia het dit gedoen, en hulle het hom met die toue uit die put opgetrek. Hy het in die binneplaas van die wagte gebly.
14
Koning Sedekia het die profeet Jeremia laat haal om na hom toe te kom. Die koning was in die derde ingang na die tempel. Hy het vir Jeremia gesê: “Ek wil vir jou iets vra, en jy moet alles vir my vertel.”
15
Jeremia het vir Sedekia gesê: “As ek alles vir jou vertel, dan sal jy my doodmaak, dit is seker. En as ek vir jou sê wat om te doen, dan sal jy nie na my luister nie.”
16
Koning Sedekia het met Jeremia gepraat waar niemand anders dit kon hoor nie, en hy het vir Jeremia belowe: “So seker soos die Here lewe wat vir ons die lewe gee, ek sal jou nie doodmaak nie, en ek sal jou nie vir die manne gee wat jou wil doodmaak nie.”
17
Toe sê Jeremia vir Sedekia: “Die Here, die God wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: As jy uitgaan na die amptenare van die koning van Babel, dan sal jy aanhou lewe en dan sal hulle nie hierdie stad verbrand nie. Jy en jou huisgesin sal aanhou lewe.
18
Maar as jy nie uitgaan na die amptenare van die koning van Babel nie, dan sal Ek hierdie stad vir die Galdeërs gee, en hulle sal dit verbrand. En jy sal nie kan wegvlug van hulle nie.”
19
Koning Sedekia het vir Jeremia gesê: “Ek is bang vir die Judeërs wat na die Galdeërs weggeloop het om saam met hulle te veg. Die Galdeërs sal my vir daardie Judeërs gee, en hulle sal my aanval en seermaak.”
20
Jeremia het gesê: “Die Galdeërs sal jou nie vir daardie mense gee nie. Koning Sedekia, jy moet asseblief luister en doen wat die Here sê. Dan sal dit goed gaan met jou en jy sal aanhou lewe.
21
Maar die Here het vir my gewys wat sal gebeur as jy nie wil uitgaan nie:
22
Al die vroue wat oorgebly het in die paleis van die koning van Juda, sal uitgaan na die amptenare van die koning van Babel en hulle sal sê: “ ‘Jou vriende het jou bedrieg, hulle het jou verkeerd laat besluit, nou sal jou voete wegsak in die modder, en jou vriende het gevlug.’
23
“Al jou vroue en jou seuns sal moet uitgaan na die Galdeërs toe, en jy sal ook nie vry kan wegkom nie. Ja, hulle sal jou vang en vir die koning van Babel gee, en hulle sal hierdie stad verbrand.”
24
Sedekia het vir Jeremia gesê: “Jy moet vir niemand sê wat ons gepraat het nie, dan sal jy nie sterf nie.
25
As die amptenare hoor dat ek met jou gepraat het, dan sal hulle na jou toe kom en hulle sal vir jou sê: ‘Vertel asseblief vir ons wat jy vir die koning gesê het. Jy moet alles vir ons vertel, dan sal ons jou nie doodmaak nie.’ Hulle sal ook vir jou vra wat die koning vir jou gesê het.
26
Dan moet jy vir hulle sê: ‘Ek het vir die koning kom soebat dat hy my nie moet terugstuur na die huis van Jonatan om daar te sterf nie.’ ”
27
Al die amptenare het toe na Jeremia toe gekom en vir hom gevra wat hulle gepraat het. Hy het hulle geantwoord soos die koning gesê het, en hulle het hom gelos, want niemand het gehoor wat hy en die koning gepraat het nie.
28
Jeremia het in die binneplaas van die wagte gebly tot die dag toe die Galdeërs Jerusalem oorwin het. Die Galdeërs het Jerusalem oorwin. Dit het só gebeur:
← Chapter 37
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 39 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52