bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Jeremiah 19
Jeremiah 19
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 18
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 20 →
1
Die Here het vir my gesê: “Gaan koop ’n kleipot. Vra dan vir ’n paar van die senior leiers van die mense en van die senior godsdienstige leiers om saam met jou te gaan.
2
Gaan by die uitgang met die naam Potskerfhek uit na die Hinnomvallei. Gaan sê daar vir hulle wat Ek sê.
3
“Sê vir hulle: Konings van Juda en mense van Jerusalem, luister na wat Ek te sê het. Ek is sterker as alles en almal, Ek is die God van Israel! Ek gaan ’n groot ramp oor hierdie plek laat kom. As mense daarvan hoor, sal hulle ore tuit.
4
Ek doen dit omdat die mense nie lojaal aan My was nie, maar hierdie plek vuil gemaak het met die goed wat hulle hier gedoen het. Hulle het hier wierook vir vreemde gode gebrand. So vreemd was hierdie gode dat niemand van hulle geweet het nie. Nie vandag se mense nie, ook nie hulle voorouers of die konings van Juda nie. Die ergste is dat hulle onskuldige mense hier doodgemaak het.
5
Hulle het selfs plekke gebou waar hulle vir die god Baäl offers gebring het. Hulle het hulle eie kinders met vuur verbrand om in Baäl se goeie boekies te kom. Dit is nie iets wat Ek hulle sou beveel het om te doen nie. Om die waarheid te sê, dit het nie eens in my gedagtes opgekom om iets so verskriklik te beveel nie!”
6
Die Here sê: “Maar neem kennis, die tyd kom wanneer die naam van hierdie plek nie meer Tofet of Hinnomvallei sal wees nie, maar dit sal Moordvallei genoem word.
7
Ek sal Juda en Jerusalem se planne in die wiele ry. Ek sal toelaat dat julle vyande julle doodmaak. Ek sal dat die aasvoëls en die wilde diere julle lyke opvreet.
8
Ek sal hierdie stad so erg laat verwoes dat mense na hulle asem sal snak. Mense wat daar verbyloop, sal geskok wees en fluit van verbasing oor wat hulle sien.
9
Jerusalem sal deur vyande omsingel word wat die mense van die stad wil uitroei. Omdat kos skaars sal word, sal die ingehokte mense moed begin verloor en baie lelike dinge begin doen. Van die mense sal hulle eie kinders en vriende begin eet.”
10
Die Here het vir my gesê: “Jeremia, breek nou die kleipot voor die oë van die mense wat jy saam met jou gebring het en
11
sê vir hulle: Dit is wat die Here wat sterker as alles en almal is, sê: Soos hierdie kleipot hier voor julle in skerwe lê, so sal Ek met die mense van Juda en Jerusalem maak. Hulle sal soos hierdie kleipot wees wat nie weer heelgemaak kan word nie. Hulle sal die lyke van die mense in Tofet begrawe omdat daar nêrens anders meer plek sal wees nie.
12
Dit is wat Ek met hierdie stad en sy mense sal doen,” sê die Here. “Ek sal die stad soos Tofet maak.
13
Die mense van Jerusalem het op die dakke van hulle huise wierook gebrand om die sterre te aanbid. Hulle het ook ter wille van ander gode wyn uitgegooi om hulle tevrede te hou. Omdat hulle dit gedoen het, sal al die huise van die inwoners van Jerusalem en die paleise van die konings van Juda soos Tofet word. ’n Plek wat onaanvaarbaar is om na toe te gaan.”
14
Nadat Jeremia by Tofet gedoen het wat die Here gesê het, het hy na die stad toe teruggegaan. Hy het in die gedeelte voor die tempel gaan staan en vir almal wat daar was, gesê:
15
“Die Here is sterker as alles en almal en Hy is die God van Israel. Hy sê: Soos Ek beloof het, sal Ek slegte dinge met Jerusalem laat gebeur en met al die stede in die omgewing van die stad. Ek doen dit omdat julle so arrogant was en geweier het om na My te luister.”
← Chapter 18
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 20 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52