bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Jeremiah 35
Jeremiah 35
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 34
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 36 →
1
Die Here het met Jeremia oor die Rekabiete gepraat.
2
In dié tyd was Jojakim die koning van Juda. Hy het gesê: “Gaan na die plek toe waar die Rekabiete bly. Nooi hulle om saam met jou na die tempel van die Here te kom. Vat hulle na een van die vertrekke binne-in die tempel en gee vir hulle wyn om te drink.”
3
Ek het toe vir Jaäsanja wat die seun van Jeremia en die kleinseun van Gabassinja is, gaan haal. Verder ook al sy broers en seuns. Die hele Rekabiete-groep het mense gehad wat hulle belange op die hart gedra het.
4
Ek het hulle na die tempel toe gebring. Ons het toe na ’n vertrek in die tempel gegaan wat aan die volgelinge van Ganan behoort het. Ganan was die seun van Jigdalja. Hy het bekend gestaan as iemand wat aan God behoort. Hierdie kamer was langs die een wat deur die amptenare in die paleis gebruik is. Dit was ook reg bokant die kamer wat Maäseja die seun van Sallum gebruik het. Maäseja was in beheer van die tempel se ingang.
5
Ek het bekers met wyn en bekers om uit te drink voor die Rekabiete neergesit. Toe nooi ek hulle om van die wyn te drink.
6
Maar hulle het geantwoord: “Nee, ons drink nie wyn nie. Jonadab die seun van Rekab is ons voorvader. Hy het ons opdrag gegee dat nie ons of ons nageslag ooit wyn mag drink nie.
7
Hy het ook gesê dat ons nie huise mag bou om in te bly nie. Ons moet altyd in tente bly. Verder mag ons ook nie graan of wingerde plant nie. As ons hierdie voorskrifte sou hou, sou ons lank kon bly in die land waar ons soos bywoners leef.
8
Ons was nog altyd aan Jonadab gehoorsaam en het niks van hierdie goed gedoen nie. Vandat hy ons die opdrag gegee het om nie wyn te drink nie, het nie ons of ons vroue of ons kinders enige wyn gedrink nie.
9
Ons bou nie huise om in te bly nie. Verder het ons ook nie wingerde of landerye met graan op nie.
10
Ons bly in tente en ons gehoorsaam al die voorskrifte wat Jonadab vir ons gegee het.
11
Maar toe koning Nebukadnesar van Babel teen die land begin optrek het, het ons bang geword vir die leërs van die Babiloniërs en die Arameërs. Ons het toe besluit om na Jerusalem toe te kom. Daarom bly ons nou hier.”
12
Die Here het toe vir Jeremia gesê wat hy moes doen.
13
Die Here is die God van Israel. Hy is sterker as alles en almal. Hy het gesê: “Gaan na die mense van Juda en Jerusalem toe en sê vir hulle: Leer ’n bietjie ’n les hoe om aan My gehoorsaam te wees.
14
Die Rekabiete drink nie wyn nie omdat hulle voorvader Jonadab gesê het hulle moenie dit doen nie. Ek het al keer op keer met julle gepraat, maar julle bly weier om na My te luister.
15
Ek het al hoeveel keer my profete na julle toe gestuur. Hulle het julle gewaarsku om op te hou om slegte goed te doen. Julle moes julle manier van doen verander en ophou om ander gode te aanbid. As julle dit sou doen, sou julle in rus en vrede in hierdie land kon bly.
16
Ek het die land vir julle en julle voorouers gegee. Maar julle wou nie na My luister om My te gehoorsaam nie.”
17
Daarom sê die Here: “Ek sal al die rampe waarvan Ek gepraat het, oor Juda en Jerusalem bring. Dit sal gebeur omdat julle nie na My wou luister nie. Julle het julle ook nie aan My gesteur toe Ek julle geroep het nie. Julle het geweier om My te antwoord.”
18
Maar vir die Rekabiete het Jeremia gesê: “Die Here is sterker as alles en almal. Hy is die God van Israel. Hy sê: Julle het julle voorvader Jonadab gehoorsaam in alles wat hy gevra het. Julle het al sy voorskrifte uitgevoer soos hy van julle verwag het.
19
Omdat julle dit gedoen het, sal daar altyd van die mense wees wat deel is van Jonadab se nageslag wat My sal dien. Dit belowe Ek,” sê die Here.
← Chapter 34
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 36 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52