bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Jeremiah 34
Jeremiah 34
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 33
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 35 →
1
In ’n stadium was koning Nebukadnesar van Babel met sy leër besig om teen Jerusalem en die stede van Juda te veg. Saam met sy leër het ook die leërs van ander nasies wat onder sy gesag was, geveg. Gedurende hierdie tyd het die Here vir Jeremia ’n boodskap gegee. Hy het gesê:
2
“Gaan na Sedekia wat die koning van Juda is en sê vir hom: Hoor ’n bietjie wat sê die Here wat die God van Israel is. Hy sê: Ek gaan Jerusalem aan die koning van Babel oorgee. Hy sal die stad verbrand.
3
Sedekia, jy sal nie wegkom nie. Hulle sal jou vang en aan Nebukadnesar oorgee. Jy en hy sal persoonlik ontmoet voordat hy jou as gevangene na Babel toe sal stuur.
4
“Maar, koning Sedekia, luister na die belofte wat die Here maak. Hy sê: Jy sal nie in ’n geveg doodgaan nie.
5
Nee, jy sal in vrede sterf. Jou mense sal wierook brand by jou begrafnis, net soos hulle met die konings voor jou gedoen het. Hulle sal oor jou huil en sê: ‘Ag, ons koning is dood!’” Die Here sê dat Hy sal sorg dat dit so gebeur.
6
Jeremia het gedoen wat die Here gesê het hy moet doen. Hy het die boodskap vir koning Sedekia gegee.
7
In dié stadium was die Babiloniese leërs besig om teen Jerusalem, Lakis en Aseka oorlog te maak. Hierdie stede was die enigste stede van Juda met mure om wat nog nie ingeneem was nie.
8
Die Here het weer met Jeremia gepraat. Dit was nadat koning Sedekia ’n ooreenkoms met al die mense in Jerusalem gemaak het om hulle slawe vry te laat.
9
Hy het hulle beveel om al hulle Hebreeuse slawe, mans en vroue, vry te laat. Geen Jood moes meer ’n ander Jood se slaaf wees nie.
10
Die amptenare en al die mense van Juda het aanvanklik gedoen wat die koning beveel het,
11
maar later anders besluit. Hulle het die mans en die vroue wat hulle vry laat gaan het, weer hulle slawe gemaak.
12
Die Here het toe deur Jeremia vir hulle gesê:
13
“Ek, die Here wat die God van Israel is, sê: Lank terug het Ek julle voorouers as slawe in Egipte vrygemaak. Toe het Ek met hulle ’n ooreenkoms gemaak.
14
Ek het hulle opdrag gegee om aan die einde van ses jaar elke Hebreër wat ’n slaaf is, vry te laat. Julle voorouers het dit nooit gedoen nie.
15
“Toe julle onlangs begin besef het dat dit verkeerd is, het julle reg gedoen om My te gehoorsaam. Julle het julle Joodse slawe vrygelaat. In my tempel het julle dit toe met ’n ooreenkoms met My vasgemaak.
16
“Maar nou het julle julle woord gebreek. Julle het My beledig met wat julle doen. Julle kan mos nie nou die mans en die vroue wat julle vry laat gaan het, weer julle slawe maak nie!”
17
Die Here sê: “Julle het nie na My geluister nie. Julle wou nie julle eie mense wat julle slawe was, vry laat gaan nie. Daarom sal Ek julle nou vry laat gaan om slagoffers te wees van oorlog, epidemies en kosskaarste. As die nasies van die wêreld die toestand sien waarin julle is, sal hulle hulle doodskrik.
18
Dit was die gebruik dat as ’n formele ooreenkoms tussen twee partye gemaak word, ’n kalf in twee dele gesny word. Daarna loop die twee partye tussen die dele deur om dit amptelik te maak. So sal Ek met elkeen maak wat die ooreenkoms met My verbreek het. Julle het julle nie gesteur aan wat ons afgespreek het nie. Daarom sal Ek julle middeldeur laat sny.
19
Dieselfde sal gebeur met die amptenare van Juda en Jerusalem, die amptenare van die paleis, die priester en die gewone mense in die land wat die ooreenkoms verbreek het.
20
Ek sal julle aan julle vyande oorgee. Hulle sal julle doodmaak. Julle lyke sal kos wees vir die roofvoëls en die wilde diere.
21
Die leër van die koning van Babel het alreeds van julle af teruggetrek. Maar al is dit so, sal Ek koning Sedekia van Juda en sy amptenare aan hulle vyande oorgee. Hulle wil julle graag dood sien.
22
Ek sal die Babiloniese leër opdrag gee om na Jerusalem toe terug te kom. Hulle sal weer teen die stad baklei. Hulle sal die stad inval en aan die brand steek. Verder sal Ek sorg dat al die stede van Juda soos ’n eensame en verlate plek sal wees waar niemand meer bly nie. Ek, die Here, sê dat dit so sal gebeur!”
← Chapter 33
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 35 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52