bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Ezekiel 3
Ezekiel 3
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 4 →
1
Die stem sê toe vir my: “Mensekind, eet wat Ek jou gee. Eet hierdie boek. En gaan dan en gee hierdie boodskap vir die volk Israel.”
2
Ek het toe my mond oopgemaak en Hy het my die boek gegee om te eet.
3
“Eet dit alles. Eet jou versadig daaraan,” sê Hy. En toe ek dit eet, het dit so soet soos heuning geproe.
4
Toe sê Hy: “Mensekind, gaan na die volk Israel met my boodskappe.
5
Ek stuur jou nie na ’n vreemde volk wie se taal jy nie verstaan nie.
6
Nee, Ek stuur jou nie na ’n volk met ’n vreemde of moeilike taal nie. As Ek jou na húlle toe gestuur het, sou hulle geluister het.
7
Ek stuur jou na die volk Israel, maar hulle sal nie na jou luister nie, net soos hulle nie na My luister nie. Want die hele spul van hulle is hardkoppig en hulle harte is hard.
8
Maar kyk, Ek het jou net so hardkoppig en koppig gemaak soos hulle.
9
Ek het jou so hard soos ’n rots gemaak. Daarom moet jy nie vir hulle bang wees nie, ook nie as hulle jou kwaai aankyk nie, want hulle is ’n opstandige klomp.”
10
Toe voeg Hy by: “Mensekind, laat al my woorde eers diep in jou eie hart ingaan. Luister eers self sorgvuldig daarna.
11
Gaan dan na jou volk wat in ballingskap is en sê vir hulle: ‘Dit is wat die oppermagtige Here sê.’ Doen dit of hulle na jou luister of nie.”
12
Die Gees het my toe opgetel, en ek het ’n harde dreuning agter my gehoor wat sê: “Mag die heerlikheid van die Here in hierdie plek geprys word!”
13
Dit was die geluid van die vlerke van die lewende wesens wat teen mekaar geskuur het en die gerommel van die wiele onder hulle.
14
Die Gees het my toe opgetel en weggevat. Ek was verbitterd en kwaad, maar die Here het my veilig vasgehou.
15
Ek het by die Judese ballinge gekom wat langs die Kebarrivier bly. Ontsteld en verstom het ek sewe dae lank tussen hulle gesit.
16
Toe die sewe dae verby is, het die Here vir my ’n boodskap gegee. Hy het gesê:
17
“Mensekind, Ek het jou aangestel om wag te hou oor Israel. As jy ’n boodskap van My af kry, moet jy dit dadelik vir die volk gee.
18
As Ek die bose mense waarsku en sê: ‘Jy verdien die doodstraf,’ maar jy waarsku hulle nie, sal hulle doodgaan vanweë hulle afskuwelike dade. Maar Ek sal jou verantwoordelik hou, en hulle bloed van jou eis.
19
As jy hulle waarsku en hulle hou aan om afskuwelike dinge te doen en weier om om te draai, sal hulle as gevolg van hulle sondes doodgaan. Maar jy sal jou eie lewe red omdat jy gedoen het wat vir jou gesê is.
20
“As goeie mense die slegte begin doen en Ek hulle dan laat struikel om hulle te waarsku, sal hulle doodgaan. As jy hulle nie oor die gevolge van hulle optrede waarsku nie, sal hulle as gevolg van hulle sondes doodgaan. Die goeie wat hulle voorheen gedoen het, sal hulle dan nie help nie. Maar Ek sal jou verantwoordelik hou en hulle bloed van jou hand eis.
21
Maar as jy hulle waarsku en hulle draai om, sal hulle lewe, en jy sal ook jou eie lewe red.”
22
Toe het die Here van my besit geneem en vir my gesê: “Gaan uit na die vallei toe. Ek wil daar met jou praat.”
23
Ek het opgestaan en gegaan, en daar het ek die heerlikheid van die Here gesien, net soos in my eerste visioen by die Kebarrivier. En ek het op my gesig op die grond neergeval.
24
Toe het die Gees oor my gekom en my regop laat staan. Hy het met my gepraat en vir my gesê: “Gaan sluit jou toe in jou huis.
25
Daar sal jy met toue vasgebind word sodat jy nie tussen jou mense kan kom nie.
26
En Ek sal jou tong aan jou verhemelte laat klou sodat jy hulle nie kan waarsku nie, want hulle is ’n opstandige spul.
27
Maar wanneer Ek vir jou ’n boodskap gee, sal Ek jou tong losmaak sodat jy kan praat. Dan sal jy vir hulle sê: ‘Dit is wat die oppermagtige Here sê!’ Party sal na jou luister en ander sal weier, want hulle is ’n opstandige klomp.”
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 4 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48