bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Ezekiel 6
Ezekiel 6
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 5
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 7 →
1
Daar het toe weer ’n boodskap van die Here gekom:
2
“Mensekind, kyk in die rigting van die berge van Israel en profeteer teen hulle.
3
Gee vir die berge van Israel hierdie boodskap van die oppermagtige Here. Dit is wat die oppermagtige Here vir die berge en heuwels, vir die klowe en valleie sê: Ek gaan oorlog op julle laat losbreek. En Ek gaan die heidense tempels op julle hoogtes vernietig.
4
Al julle altare sal stukkend geslaan word, en julle wierookaltare sal uitmekaargebreek word. En Ek sal julle mense voor julle afgode doodmaak.
5
Ek sal julle lyke voor julle afgode neergooi en julle bene voor julle altare verstrooi.
6
Waar julle ook al bly, sal julle stede in puinhope verander en julle hoogtes vernietig word. Julle altare sal vernietig en verwoes word. Julle afgode sal stukkend geslaan word en verdwyn. Julle wierookaltare sal uitmekaargeskop word. Daar sal niks oorbly van alles wat julle gemaak het nie.
7
Die dag wanneer die hele plek vol lyke lê, sal julle weet dat Ek die Here is.
8
“Tog sal Ek enkeles onder my mense aan die verwoesting laat ontsnap, en hulle sal onder die nasies van die wêreld verstrooi word.
9
En wanneer hulle as ballinge tussen die nasies bly, sal hulle My onthou. Hulle sal raaksien hoe hartseer Ek gevoel het toe hulle ontrou was deur van My af weg te draai en agter ander gode aan te loop. En dan sal hulle hulleself haat oor al hulle boosheid en al hulle afskuwelike dade.
10
Dan sal hulle erken dat Ek alleen die Here is en dat Ek ernstig was toe Ek gedreig het dat al hierdie dinge met hulle gaan gebeur.
11
“Dit is wat die oppermagtige Here sê: Klap jou hande en stamp jou voete van ontsteltenis. Roep uit ‘Ag, nee!’ oor al die afskuwelike dinge wat die mense van Israel aangevang het. Hulle sal omkom deur oorloë, hongersnood en pessiektes.
12
Hulle wat ver weg in ballingskap gevoer is, sal deur die pes getref word en dié wat naby is, sal in gevegte omkom. En enigeen wat oorbly en nog oorleef, sal in die hongersnood doodgaan. So sal Ek my woede op hulle afkoel.
13
Dan, wanneer hulle lyke tussen hulle afgode en altare verstrooi lê, sal hulle weet en erken dat Ek alleen die Here is. Dit sal wees op elke heuwel en berg en onder elke groen boom en groot eik waar hulle wierook vir hulle gode gebrand het.
14
Ek sal hulle met my hand stukkend druk en hulle land verlate laat, vanaf die wildernis in die suide tot Ribla in die noorde. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is.”
← Chapter 5
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 7 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48