bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Ezekiel 39
Ezekiel 39
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 38
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 40 →
1
“Mensekind, profeteer teen Gog. Sê vir hom die oppermagtige Here sê: Ek is jou vyand, Gog, grootkoning van Mesek en Tubal.
2
Ek draai teen jou en dryf jou na die berge van Israel. Ek bring jou uit die verre noorde, na die berge van Israel.
3
Ek slaan jou boog uit jou linkerhand en jou pyle uit jou regterhand.
4
Jy en jou baie soldate sal op die berge doodgemaak word. Ek maak julle kos vir die aasvoëls en wilde diere.
5
Jy sal op die oop veld val, sê die oppermagtige Here.
6
Ek gooi vuur op Magog en al sy bondgenote wat veilig langs die kus bly. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.
7
“So sal die mense van Israel My leer ken as die Heilige. Ek sal nie dat hulle my verder ontheilig nie. En die nasies sal ook besef dat Ek die Here is, die Heilige van Israel.
8
Die oordeelsdag kom nader, sê die oppermagtige Here. Dit sal gebeur net soos Ek gesê het.
9
“Dan sal die mense van die dorpe van Israel uitgaan en met jou soldate se wapens vuur maak — met groot en klein skilde, boë en pyle, steekspiese en werpspiese. Hulle sal sewe jaar lank daarmee kan vuur maak.
10
Dit sal nie nodig wees om in die veld hout bymekaar te maak of in die bos te kap nie. Hulle sal met jou wapens vuur maak. Hulle sal dié plunder wat hulle geplunder het en buit vat van dié wat by hulle buit wou vat, sê die oppermagtige Here.
11
“Ek maak ’n begraafplaas vir Gog in Israel, in Reisigersvallei, oos van die Dooie See. Die begraafplaas sal reisigers se pad versper. Hulle sal die plek Vallei van Gog se menigtes noem.
12
“Die mense van Israel sal sewe maande nodig hê om die land van al die lyke skoon te maak.
13
Elkeen in Israel sal help. Dit gaan ’n wonderlike oorwinning vir Israel wees daardie dag wanneer Ek vereer word, sê die oppermagtige Here.
14
“Aan die einde van sewe maande sal mense aangestel word om die land te deursoek vir lyke en om hulle te begrawe sodat die land skoongemaak kan word.
15
Waar geraamtes gekry word, sal hulle ’n teken oprig sodat die ondernemers dit kan sien en die lyke in die Vallei van Gog se menigtes kan begrawe.
16
(Daar sal selfs ’n stad wees met die naam ‘Menigtes’.) So sal die land uiteindelik skoongemaak word.
17
“Mensekind, roep nou al die voëls en wilde diere, sê die oppermagtige Here. Sê vir hulle: Kom bymekaar vir die groot offerfees! Kom van ver en naby na die berge van Israel, kom eet die vleis en drink die bloed!
18
Eet die vleis van magtige mense en drink die bloed van prinse asof hulle ramme en lammers, bokke en bulle is, almal vetgevoerde diere van Basan!
19
Eet vet vleis tot julle oorversadig is, drink bloed tot julle dronk is. Ek het die offerfees vir julle reggemaak.
20
Eet julle versadig aan perde en ruiters, magtige mense en soldate, sê die oppermagtige Here.
21
“So sal Ek myself onder die nasies vereer. En hulle sal sien hoe Ek hulle straf as Ek my hand op hulle lê.
22
Van daardie dag af sal die mense van Israel besef dat Ek, die Here, hulle God is.
23
Die nasies sal ook weet hoekom Ek Israel in ballingskap weggestuur het. Dit was as straf vir hulle sondes, want hulle was ontrou aan My. Daarom het Ek my rug op hulle gedraai en toegelaat dat hulle vyande hulle vernietig.
24
Ek het my gesig weggedraai en hulle gestraf vir hulle besoedelde leefwyse en oortredings.”
25
“So sê die oppermagtige Here: Ek sal Jakob terugbring uit ballingskap en My ontferm oor die mense van Israel, want Ek gaan die eer van my Naam beskerm.
26
Die dag as hulle veilig in hulle land bly en vir niemand hoef bang te wees nie, sal hulle die skande en die ontrouheid vergeet waarmee hulle My behandel het.
27
Wanneer Ek hulle huis toe bring uit die lande van hulle vyand, sal Ek vir die nasies wys dat Ek heilig is.
28
Dan sal my volk besef dat Ek, die Here, hulle God is. Dis Ek wat hulle in ballingskap weggestuur het en dis Ek wat hulle huis toe bring. Ek laat nie een agterbly nie.
29
En Ek sal nooit weer my rug op hulle draai nie, want Ek sal my Gees oor die mense van Israel uitgiet, sê die oppermagtige Here.”
← Chapter 38
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 40 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48