bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Genesis 12
Genesis 12
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 11
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 13 →
1
Die Here het vir Abram gesê: “Trek weg uit jou land, weg van jou familie en jou ouerhuis en gaan na die land wat Ek jou sal aanwys.
2
Ek sal jou die voorvader maak van ’n groot nasie. Ek sal jou seën sodat jy geëerd sal wees, en vir ander tot ’n seën sal wees.
3
Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek. In jou sal al die mense op die aarde geseën word.”
4
Abram het toe weggetrek soos die Here hom beveel het en Lot het saamgegaan. Abram was 75 jaar oud toe hy uit Haran weggetrek het.
5
Hy het sy vrou, Sarai, sy neef Lot en al hulle besittings, asook almal wat in Haran deel van sy gesin geword het, saamgeneem Kanaän toe. Daar aangekom,
6
het hulle deur die land getrek tot by die waarsêersboom naby die plek Sigem. Die Kanaäniete het toe nog in die land gewoon.
7
Die Here het aan Abram verskyn en gesê: “Hierdie land gee Ek vir jou nageslag.” Toe bou Abram daar ’n altaar vir die Here wat aan hom verskyn het.
8
Daarna het Abram verder suid getrek en kamp opgeslaan in die heuwels met Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy ook ’n altaar gebou en die Here aanbid.
9
Mettertyd het Abram in die rigting van die Negev verskuif.
10
Toe die land met ’n swaar hongersnood getref is, het Abram Egipte toe gegaan om tydelik daar te bly.
11
Naby die grens van Egipte sê Abram vir Sarai: “Luister, my vrou, jy is ’n baie mooi vrou.
12
Sodra die Egiptenaars jou sien, sal hulle sê: ‘Dit is sy vrou. Kom ons maak hom dood en vat haar vir ons!’
13
Sê tog dat jy my suster is, want dan sal die Egiptenaars my goed behandel ter wille van jou, en ook my lewe spaar.”
14
En dit was ook so. Toe hulle in Egipte kom, het almal die beeldskone vrou raakgesien.
15
Die paleisamptenare het haar gesien, die farao van haar vertel en sy is in sy paleis opgeneem.
16
Ter wille van haar het die farao vir Abram baie geskenke gegee in die vorm van kleinvee, grootvee, donkies, slawe, slavinne en kamele.
17
Maar die Here het die farao en sy huis met ernstige plae getref oor Sarai, Abram se vrou.
18
Die farao laat roep toe vir Abram en vaar teen hom uit: “Wat het jy my aangedoen?
19
Hoekom het jy my nie gesê dat sy jou vrou is nie? Hoekom het jy toegelaat dat ek haar as vrou neem deur te sê dat sy jou suster is? Hier is jou vrou! Vat haar, en trap!”
20
Die farao het toe vir Abram en sy vrou, asook al hulle besittings onder begeleiding uit die land gestuur.
← Chapter 11
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 13 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50