bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Genesis 49
Genesis 49
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 48
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 50 →
1
Jakob roep toe al sy seuns bymekaar en sê: “Kom staan hier om my sodat ek julle kan vertel wat in die toekoms met julle sal gebeur.
2
“Kom luister, seuns van Jakob; luister na Israel, julle vader.
3
“Ruben, jy is my oudste seun, die kind van my kragtige jeug, die vernaamste en die sterkste.
4
Jy is onstuimig soos die golwe van die see, maar jy sal nie langer die belangrikste wees nie. Want jy het by een van my vroue geslaap; jy het my in my bed onteer.
5
“Simeon en Levi is een en dieselfde, mense van geweld en wapens.
6
Ek wil ver van hulle af bly. Ek wil nooit deel hê aan hulle bose planne nie, hulle wat in woede mense vermoor het, diere vir die plesier vermink het.
7
Vervloek is hulle woede, want dit is wreed. Daarom sal hulle nageslag verstrooi word, uitgestrooi oor die hele Israel heen.
8
“Juda, jou broers sal jou prys. Jy sal jou vyande onderwerp. Jou broers sal voor jou buig.
9
Juda is ’n jong leeu wat pas sy prooi verslind het. Soos ’n leeu rek hy uit en gaan lê, soos ’n leeumannetjie, en wie sal hom steur?
10
Die mag sal nie van Juda weggeneem word nie, ook nie die heerskappy van sy nasate nie, totdat die een kom aan wie dit behoort, die een vir wie die nasies sal gehoorsaam.
11
Hy maak sy donkie vas aan ’n druiwestok, die vul van sy donkie aan die beste wingerdstok. Hy was sy klere in wyn, sy kleed in druiwemos.
12
Sy oë is donkerder as wyn en sy tande witter as melk.
13
“Sebulon sal hom vestig aan die kus by die see en sal ’n hawe wees vir skepe. Sy grense sal tot by Sidon strek.
14
“Issaskar is ’n sterk pakdier wat rus by die veekrale.
15
Wanneer hy sien hoe goed die plek is, hoe mooi die landstreek, sal hy ’n las vrywillig dra en hom aan dwangarbeid onderwerp.
16
“Dan sal regspreek oor sy mense as een van die stamme in Israel.
17
Hy is ’n slang langs die pad, ’n giftige adder langs die voetpad wat pik na die hakskeen van perde en die ruiter agteroor laat val.
18
Ek wag op u verlossing, o Here!
19
“Gad sal deur rowerbendes geplunder word, maar hy sal hulle aanval van agter af.
20
“Aser sal voedsame kos produseer, voedsel geskik vir ’n koning.
21
“Naftali is ’n bok wat vrygelaat is en pragtige lammers voortbring.
22
“Josef is ’n vrugbare boom, ’n vrugbare boom by ’n fontein. Sy takke strek oor die muur.
23
Hy word aangeval deur boogskutters wat na hom skiet en hom teister.
24
Maar sy boog het sterk gebly, sy arms het meer krag gekry deur die Magtige Een van Jakob, die Herder, die Rots van Israel.
25
Mag die God van ons vaders jou help; mag die Almagtige jou seën met die seëninge uit die hemel daarbo, seëninge van die aarde hieronder, en seëninge van borste en moederskoot.
26
Mag die seëninge van jou pa meer wees as die seëninge van die ewige berge, as die oorvloed van die eeue oue heuwels. Hierdie seëninge sal op die kop van Josef kom, hy wat die leier is onder sy broers.
27
“Benjamin is ’n wolf op soek na prooi. Hy verslind sy prooi in die oggend en in die aand verdeel hy die buit.”
28
Dit is die twaalf stamme van Israel en dit is die seëninge waarmee Jakob sy twaalf seuns geseën het. Elkeen het ’n seën ontvang wat vir hom toepaslik was.
29
Jakob het hulle opdrag gegee: “Ek gaan binnekort sterf. Begrawe my by my pa en oupa in die grot wat op die grond van Efron die Hetiet is.
30
Dit is die grot van Makpela, naby Mamre in Kanaän, wat Abraham van Efron die Hetiet as ’n permanente begraafplek gekoop het.
31
Abraham en sy vrou Sara is daar begrawe. Daar is ook Isak en sy vrou Rebekka begrawe. En daar het ek vir Lea begrawe.
32
Dit is die grot wat my oupa Abraham van die Hetiete gekoop het.”
33
Toe Jakob klaar was met sy opdragte, het hy sy voete in sy bed opgetrek, sy laaste asem uitgeblaas en gesterf.
← Chapter 48
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 50 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50