bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Genesis 9
Genesis 9
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 8
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 10 →
1
God het Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Julle moet meer word deur baie kinders te hê en so die aarde te vul.
2
Al die diere, groot en klein, asook al die voëls en visse sal vir julle bang wees. Ek stel hulle tot julle beskikking.
3
Benewens die groen plante mag julle hulle ook eet.
4
Maar geen dier mag geëet word sonder dat die lewensbloed eers uitgeloop het nie.
5
Wanneer ’n mens doodgemaak word, eis Ek rekenskap, of dit nou ’n dier is of ’n medemens wat dit veroorsaak. Elkeen wat sy medemens doodmaak, moet met die dood gestraf word.
6
Iemand wat ’n mens doodmaak, moet beslis self ook doodgemaak word omdat God die mens na sy beeld gemaak het.
7
Soos reeds gesê, moet julle meer word deur baie kinders te hê sodat julle die aarde kan vul.”
8
God het met Noag en sy seuns gepraat:
9
“Ek sluit ’n verbond met julle en julle nageslag,
10
asook met die diere wat saam met julle is: die voëls en mak diere en wilde diere, met almal wat uit die ark gekom het.
11
Ek onderneem dat Ek nooit weer ’n vloed sal stuur om alles wat lewe dood te maak en die aarde te verwoes nie.”
12
God het bygevoeg: “Om dit te bevestig, gee Ek aan julle en alle lewende wesens ’n teken van hierdie onderneming wat vir altyd sal geld.
13
Die reënboog wat Ek in die wolke gesit het, sal die teken wees van hierdie blywende ooreenkoms met die aarde.
14
Wanneer Ek die wolke in die lug laat saampak en die reënboog verskyn,
15
sal dit My herinner aan my verbond met julle en alle lewende wesens dat daar nooit weer ’n vloed sal wees wat alle lewe vernietig nie.
16
“Sodra Ek die reënboog in die wolke sien, sal Ek herinner word aan die blywende verbond tussen My en alle lewende wesens op aarde.”
17
God het dit vir Noag herhaal: “Dit is die teken van my verbond wat Ek met alle lewende wesens op aarde aangegaan het.”
18
Sem, Gam (die pa van Kanaän) en Jafet, die drie seuns van Noag, het saam met hulle pa uit die ark gekom.
19
Al die mense in die wêreld stam af van hierdie drie seuns.
20
Ná die vloed het Noag die grond bewerk en ’n wingerd geplant.
21
Op ’n dag het Noag van die wyn gedrink wat hy gemaak het, dronk geword en sonder klere in sy tent gelê.
22
Gam, Kanaän se pa, het dit gesien en buite vir sy broers gaan vertel.
23
Sem en Jafet vat toe ’n kledingstuk en hou dit agter hulle skouers, loop agteruit in die tent en bedek hulle pa. Hulle het nie agtertoe gekyk nie omdat hulle nie hulle pa in daardie toestand wou sien nie.
24
Toe Noag weer nugter was, kom hy agter wat sy jongste seun gedoen het
25
en sê: “Vervloek is Kanaän! Hy sal die slaaf wees van die slawe van sy broers.”
26
Noag sê ook: “Prys die Here, die God van Sem! Kanaän sal Sem se slaaf wees.
27
God sal vir Jafet ruimte gee om in te woon, en ook vrede met Sem; en Kanaän sal ook sy slaaf wees.”
28
Ná die vloed het Noag nog 350 jaar gelewe.
29
Hy was 950 jaar oud toe hy dood is.
← Chapter 8
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 10 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50