bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Genesis 40
Genesis 40
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 39
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 41 →
1
Na ’n tyd het die hoof van die koning se skinkers en die hoof van sy bakkers teen hom oortree.
2
Die farao was baie ontevrede met die twee amptenare
3
en het hulle in dieselfde tronk gegooi waar Josef was. Dit was die tronk van die hoof van Farao se lyfwag.
4
Die hoof van die lyfwag het Josef aangestel om hulle te bedien. Toe hulle al vir geruime tyd in aanhouding was,
5
het die skinker en die bakker elkeen in die nag ’n droom gehad met ’n eie betekenis.
6
Die volgende oggend sien Josef dat die twee baie neerslagtig lyk.
7
“Hoekom lyk julle vanmôre so bedruk?” vra hy.
8
Hulle antwoord hom: “Albei van ons het laas nag gedroom, maar niemand kan dit vir ons verklaar nie.” “Om drome te verklaar, is die werk van God,” antwoord Josef. “Vertel my wat julle gedroom het.”
9
Die hoof van die skinkers vertel sy droom eerste. “In my droom,” sê hy, “het ek ’n wingerdstok voor my gesien.
10
Dit het drie lote gehad wat begin bot en blom het en gou was daar trosse ryp korrels.
11
Ek het die farao se beker in my hand gehad. Ek pluk toe van die druiwe en druk die sap daarin uit. Toe gee ek dit vir Farao.”
12
“Dit is wat dit beteken,” sê Josef. “Die drie lote dui op drie dae.
13
Binne drie dae sal Farao jou uit die tronk laat haal en jou herstel in jou vorige posisie as hoofskinker.
14
En, asseblief, dink aan my wanneer dit weer met jou goed gaan. Noem my naam by Farao en vra hom om my uit hierdie plek vry te laat.
15
Want ek is ontvoer uit my geboorteland, die land van die Hebreërs. Nou is ek in die tronk gesmyt sonder dat ek iets verkeerds gedoen het.”
16
Toe die hoof van die bakkers hoor dat die eerste droom gunstig was, vertel hy ook syne vir Josef. “In my droom,” sê hy, “was daar drie mandjies met brood op my kop.
17
In die boonste een was daar ’n heerlike baksel vir Farao. Maar die voëls het gekom en daaraan gevreet.”
18
“Dit is wat jou droom beteken,” sê Josef. “Die drie mandjies dui op drie dae.
19
Drie dae van nou af sal Farao jou kop afkap en jou liggaam aan ’n paal ophang. Die voëls sal dan jou vleis kom afpik.”
20
Drie dae later was dit die farao se verjaarsdag. Hy het ’n groot feesmaal gereël vir al sy amptenare. Hy laat haal toe die hoof van die skinkers en die hoof van die bakkers en verhoor hulle voor almal.
21
Hy het die hoof van die skinkers in sy ou pos herstel om soos vroeër weer die beker vir die farao aan te gee.
22
Maar die hoof van die bakkers het hy aan ’n paal laat ophang — alles presies soos Josef gesê het.
23
Tog het die hoof van die skinkers nie weer aan Josef gedink nie. Hy het heeltemal van hom vergeet.
← Chapter 39
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 41 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50