bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Jeremiah 1
Jeremiah 1
Afrikaans (NLV) 2011
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 2 →
1
Hier is die woorde van Jeremia seun van Gilkija, ’n priester van Anatot in die Benjamingebied.
2
In die dertiende jaar van koning Josia van Juda se regering het die boodskap van die Here na hom gekom. Josia was die seun van Amon.
3
Die Here het aangehou om vir Jeremia boodskappe te gee, ook in die tyd van koning Jojakim, die seun van Josia, tot in die elfde jaar van koning Sedekia se bewind. In Augustus van daardie jaar is baie van die mense van Jerusalem in ballingskap weggevoer.
4
Die Here het vir my ’n boodskap gegee. Hy het gesê:
5
“Ek ken jou nog voordat jy gevorm is in die skoot van jou moeder. Voor jou geboorte al het Ek jou gekies en aangestel om namens My te praat met die nasies van die wêreld.”
6
Ek het geantwoord: “Nee, oppermagtige Here, ek kan nie goed praat nie. Ek is ook te jonk!”
7
Maar die Here het geantwoord en gesê: “Moenie sê jy is te jonk nie. Gaan na die mense waarheen Ek jou stuur en gee my boodskap vir hulle.
8
Jy moet ook nie bang wees vir hulle nie. Ek sal by jou wees en jou beskerm! Ek is die Here wat so sê.”
9
Toe het die Here sy hand uitgesteek en aan my mond geraak. Hy het vir my gesê: “Ek het my woorde in jou mond gesit.
10
Ek stel jou vandag aan oor nasies en regerings, om sommige te ontwortel en plat te slaan, om ander op te bou en nuut te vestig.”
11
Die Here het vir my gesê: “Wat sien jy, Jeremia?” Ek het geantwoord: “Ek sien ’n amandeltakkie.”
12
En die Here het vir my gesê: “Ja, dit is ’n amandeltakkie. En dit beteken dat Ek oplet en gereed staan om te doen wat Ek gedreig het om te doen.”
13
Die Here het weer met my gepraat en gevra wat ek sien. Ek het Hom geantwoord: “Ek sien ’n kokende pot wat uit die noorde oorval hiernatoe.”
14
Toe sê die Here vir my: “Uit die noorde sal dodelike gevaar kom oor almal wat in Juda woon.
15
Ek laat die mense van al die koninkryke in die noorde na Jerusalem kom,” sê die Here. “Hulle sal hulle trone kom neersit by die ingang van die hekke. Hulle sal Jerusalem se mure aanval en al die ander dorpe van Juda binneval.
16
So sal Ek my oordeel uitspreek oor my volk oor al hulle boosheid. Hulle het My verlaat en ander gode vereer. Ja, hulle buig voor die beelde wat hulle met hulle eie hande gemaak het!
17
“Staan op en trek jou aan, en gaan sê vir hulle alles wat Ek gesê het. Moenie vir hulle bang wees nie, anders laat Ek jou dalk verleë voor hulle staan!
18
Ek beskerm jou teen hulle. Ek maak jou soos ’n versterkte stad, so vasgeanker soos ’n ysterpaal of soos ’n muur wat van koper gemaak is. Jy sal sterk genoeg wees om jou teen die konings van Juda, hulle amptenare, hulle priesters en enige van die land se mense te handhaaf.
19
Hulle sal jou probeer onderkry, maar dit nie regkry nie. Ek is aan jou kant en sal jou beskerm. Ek, die Here, belowe dit!”
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 2 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52