bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Jeremiah 42
Jeremiah 42
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 41
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 43 →
1
Al die weermagoffisiere, ook Joganan seun van Kareag en Asarja seun van Hosaja, asook nog mense uit elke vlak van die samelewing het gekom
2
en vir die profeet Jeremia gesê: “Bid ernstig en tree vir ons in by die Here jou God. Soos jy kan sien, is ons maar net ’n klein groepie mense wat oor is van die volk wat ons eers was.
3
Vra die Here jou God wat ons moet doen en waarheen ons moet gaan.”
4
Hierop het Jeremia gereageer en gesê: “Goed, ek hoor wat julle wil hê. Ek sal tot die Here julle God bid, soos julle versoek. Ek sal dan vir julle sê presies wat sy antwoord is. Ek sal niks vir julle wegsteek nie.”
5
Hulle het vir Jeremia gesê: “Mag die Here ’n betroubare getuie teen ons wees as ons weier om te doen wat die Here u God u gestuur het om aan ons oor te dra.
6
Of dit nou goed of sleg is, ons sal die Here ons God gehoorsaam. Ons het jou na Hom gestuur om raad te vra. Dit sal met ons goed gaan as ons Hom gehoorsaam en doen wat Hy sê.”
7
Na tien dae het die Here vir Jeremia ’n antwoord gegee.
8
Jeremia het Joganan seun van Kareag, die weermagoffisiere en ook die gewone mense uit alle vlakke van die samelewing laat roep.
9
Hy het vir hulle gesê: “Julle het my na die Here, die God van Israel gestuur om julle versoek voor Hom te stel. Die Here sê:
10
‘Bly hier in die land. As julle dit doen, sal Ek julle opbou en nie afbreek nie. Ek sal julle plant en nie ontwortel nie. Ek is jammer oor al die ellende wat Ek julle moes aandoen.
11
Moenie langer vir die koning van Babel bang wees nie, sê die Here. Ek sal julle nie in die steek laat nie. Ek is by julle teenwoordig. Ek sal julle van sy oorheersing vrymaak.
12
Ek sal meegevoel hê met julle sodat hy ook meegevoel met julle sal hê. Dan sal hy julle in julle land laat bly.’
13
“Maar julle sal aan die Here julle God ongehoorsaam wees as julle sê: ‘Ons wil nie in hierdie land bly nie.
14
Nee, ons wil in Egipte gaan bly! Daar sal ons vry wees van oorlog en die geluid van die ramshoring wat mense oproep vir oorlog of hongersnood aankondig.’
15
“Luister dan gerus na wat die Here sê oor die mense wat in Juda oorgebly het. “Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: ‘As julle volhou om na Egipte te gaan en daar te gaan woon,
16
sal die oorloë wat julle vrees julle daar in Egipte tref. En die hongersnood waarvoor julle bang is, sal julle agtervolg. En uiteindelik sal julle in Egipte doodgaan.
17
“Dit is wat vir elkeen van julle wag as julle aandring om in Egipte te gaan bly. Julle sal daar in die oorlog sterf of van honger omkom of ’n siekte-epidemie sal julle tref. Niemand van julle sal ontvlug of die rampe oorleef wat Ek oor julle sal bring nie.’
18
“Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: ‘Net soos Ek my woede en my toorn op die inwoners van Jerusalem uitgestort het, net so sal Ek maak met elke persoon wat na Egipte toe gaan. Julle sal ’n vloek wees, iets afgrysliks. Hulle sal met julle spot en julle naam gebruik om ander mee te vloek. En julle sal julle eie land nooit weer sien nie.’
19
“Die Here sê vir julle wat in Juda oorgebly het: Moenie na Egipte toe gaan nie! Onthou hierdie waarskuwing wat Ek vandag vir julle gee.
20
“Julle het ’n fatale fout gemaak toe julle my gestuur het om tot die Here julle God te bid en te sê: ‘Sê net vir ons wat die Here sê en ons sal dit doen.’
21
Vandag het ek presies vir julle gesê wat Hy sê, maar julle sal nie gehoorsaam wees nie, nes julle nog nooit gedoen het wat die Here julle God gesê het nie.
22
Julle hou mos aan dat julle in Egipte wil gaan woon. Julle kan verseker wees dat julle daar in oorlog, of van honger, of van siekte sal doodgaan.”
← Chapter 41
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 43 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52