bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Jeremiah 21
Jeremiah 21
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 20
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 22 →
1
Die Here het vir Jeremia nog ’n boodskap gegee om oor te dra. Dit was toe koning Sedekia vir Pasgur, die seun van Malkija en Sefanja, die seun van Maäseja, ’n priester, na hom toe gestuur het met ’n versoek:
2
“Vra tog namens ons vir die Here wat gaan gebeur. Koning Nebukadnesar van Babel is besig om met sy soldate teen ons op te trek. Miskien sal die Here vir ons ’n wonderwerk doen soos Hy al tevore gedoen het en hom laat terugtrek.”
3
Jeremia het hulle geantwoord: “Gaan sê vir koning Sedekia
4
die Here, die God van Israel sê: ‘Op die oomblik is julle besig om buite die mure van die stad teen die koning van Babel en die Babiloniërs wat julle omsingel het, te veg. Ek gaan julle wapens onbruikbaar maak. Ek gaan julle vyand in die hartjie van die stad laat inkom.
5
Ek sal teen julle veg en julle sal my groot krag ervaar. Ek is verskriklik kwaad. Julle het My woedend gemaak!
6
Ek gaan die inwoners van die stad met ’n epidemie tref. Mens en dier sal sterf.
7
Nadat dit alles gebeur het, sê die Here, sal koning Sedekia van Juda, sy amptenare en van die mense in die stad die oorlog, hongersnood en siektes oorleef. Maar Ek sal hulle uitlewer aan koning Nebukadnesar van Babel en aan hulle vyande wat hulle wil dood hê. Hy sal geen jammerte vir hulle voel nie, maar hulle met die swaard doodmaak. Hy sal geen genade vir hulle hê nie en niemand laat oorleef nie.’
8
“Sê vir die mense die Here sê: ‘Ek gee vir julle ’n keuse tussen lewe en dood.
9
Mense wat kies om in hierdie stad te bly, sal óf in gevegte óf van siekte óf van honger doodgaan. Maar wie uitgaan en hulle aan die Babiloniërs oorgee, sal bly lewe.
10
Ek het besluit om hierdie stad te vernietig. Ek gaan niks goeds vir hulle doen nie, sê die Here. Ek sal die stad aan die koning van Babel oorgee. Hy sal die stad verbrand.’”
11
“Sê vir die koninklike familie: ‘Luister na die boodskap van die Here vir julle!
12
Die Here sê vir die koningsnageslag van Dawid: Lewer elke dag regverdige uitsprake! As iemand besteel is, beskerm hulle en red hulle van hulle uitbuiters. As julle dit nie doen nie, sal my woede soos ’n vuur brand wat niemand kan blus nie. Dit sal gebeur oor al julle sondes wat julle doen.
13
“‘Ek sal veg teen hierdie stad, teen Jerusalem, sê die Here, want julle spog mos en sê: Niemand kan ons op die berg bereik nie. Ons is onaantasbaar!
14
Ek sal julle straf oor dit wat julle gedoen het, sê die Here. Ek sal ’n vuur in jou woud aansteek wat alles rondom jou sal verbrand.’”
← Chapter 20
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 22 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52