bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Jeremiah 30
Jeremiah 30
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 29
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 31 →
1
Die Here het nog ’n boodskap vir Jeremia gegee. Hy het gesê:
2
“Die Here, die God van Israel, sê: Alles wat Ek vir jou sê, moet jy in ’n boek neerskryf.
3
Die tyd kom dat Ek die omstandighede van my volk Israel en Juda sal verander. Ek sal hulle laat terugkom na hierdie land wat Ek vir hulle voorouers gegee het sodat hulle dit weer in besit kan neem. Ek, die Here, sê dit!”
4
Hier volg die boodskap wat die Here vir Israel en Juda gegee het.
5
Die Here sê: “Ek hoor hoe my volk uitroep van angs! Daar is vrees en nie rustigheid nie.
6
Laat Ek jou ’n vraag vra: Kan mans babas in die wêreld bring? Nou waarom staan hulle dan soos ’n vrou in kraam: hande op hulle heupe, bleek in die gesig?
7
Nog nooit in die geskiedenis was daar al ooit so ’n verskriklike tyd nie. Dit is ’n tyd van moeilikheid vir Israel, maar op die ou end sal hulle daaruit gered word!
8
“Daardie dag,” sê die Here, die Almagtige, “sal Ek die juk breek wat op julle nekke is en julle boeie verwyder. Geen vreemdeling sal meer oor julle baasspeel nie.
9
Hulle sal My, die Here hulle God, dien. Ek sal ook ’n koning aanstel uit die nageslag van Dawid.”
10
Die Here sê: “Israel, my kneg, moenie bang of verskrik wees nie. Ek sal julle verlos uit ver plekke, en julle nageslag uit ballingskap. Israel sal terugkeer, en weer rus en vrede in hulle eie land hê. Niemand sal hulle bangmaak nie.
11
Ek is by julle en Ek sal julle red, sê die Here. Ek sal die nasies vernietig onder wie Ek julle verstrooi het, maar julle sal Ek nie vernietig nie. Ek dissiplineer julle. Ek kan julle nie ongestraf laat nie.”
12
Die Here sê: “Julle beserings is ongeneeslik, julle wonde kan nie gesond word nie.
13
Niemand kan julle saak behartig nie. Daar is ook nie medisyne vir julle wonde of genesing vir julle nie.
14
Al julle bondgenote het julle in die steek gelaat. Hulle is nie langer besorg oor julle nie. Want Ek het julle gewond asof Ek julle vyand is. Julle oortredings was baie, julle sondes oorvloedig.
15
Waarom skreeu julle so omdat julle seerkry? Niks kan julle pyn laat verdwyn nie. Ek straf julle omdat julle so baie oortree en soveel sonde gedoen het.
16
“Maar eendag sal hulle wat julle verslind, self vernietig word. Al julle vyande sal self in gevangenskap gaan. Mense wat julle besteel, sal besteel word. Wie waag om julle aan te val, sal self aangeval word.
17
Ek sal julle gesond maak en julle wonde genees,” sê die Here, “omdat julle ’n verstoteling genoem word: Sion, vir wie niemand omgee nie.”
18
Maar die Here sê: “Wanneer Ek julle terugbring uit ballingskap en julle lot verander, sal Jerusalem herbou word waar nou net bouvalle is. Die paleis sal ook weer soos voorheen lyk.
19
Die mense sal weer vrolik wees en liedere sing omdat hulle dankbaar is. En Ek sal hulle laat vermeerder. Hulle sal ’n groot volk wees, en ander sal hulle respekteer.
20
Dit sal met hulle kinders goed gaan, soos vroeër. Ek sal hulle weer as ’n volk voor My vestig. As iemand sou waag om hulle te onderdruk, sal Ek hulle straf.
21
Een van hulle eie mense sal hulle leier wees, nie ’n vreemdeling nie. Ek sal hom nooi om voor My te kom, want wie kan kom as Ek hom nie genooi het nie?” vra die Here.
22
“Julle sal my volk wees en Ek sal julle God wees.”
23
Maar neem kennis: die Here se woede is soos ’n storm wat losbars. Dit is soos ’n orkaan wat die slegte mense tref.
24
Die Here se verskriklike woede sal nie bedaar nie totdat Hy bereik wat Hy beplan het. Wanneer die tyd aanbreek, sal julle dit verstaan.
← Chapter 29
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 31 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52